Onderwys – Diagnose van ’n skool se bestuursopset
Die voorlaaste rubriek het gehandel oor die bestuursbeginsels soos gepropageer deur die Franse ingenieur, Henri Fayol.
Die 14 beginsels uitgelig deur Fayol, is weliswaar bedoel vir die privaat sektor, maar enige bestuursopset kan daarby baat. Die beginsels is universeel en kan, met die uitsluiting van enkeles, in die skoolopset aangewend word. Ek het ook vasgestel dat hierdie bestuursbeginsels, net in ’n ander formaat, in die National Standards and Performance Indicators for Schools in Namibia, voorkom.
Dit sal onderwyspersoneel, onderwysfora en skoolrade loon om altyd die “National Standards” byderhand te hê en dit met Fayol se 14 beginsels te komplimenteer. Natuurlik is die gereelde uitleg en verduideliking van die National Standards en Fayol deur skoolhoofde en onderwysinspekteurs nog belangriker. Gesamentlik is die standaarde en beginsels bepalend vir die implementering van beplanning, besluitneming en die ander bestuursprossesse. Wanneer ons praat van kwaliteitonderwys is hierdie goed nie onderhandelbaar nie.
Die ander aspek wat ek in die laaste paragraaf van die betrokke artikel noem, is diagnose. Diagnose is die proses aan die hand waarvan ons kan bepaal of ons op die korrekte spoor is; dit help om struikelblokke vroegtydig te identifiseer. Daignostiese ondersoeke sal die rooi ligte betyds aanskakel en dit is die meganisme wat ons oor die gesondheidstatus van ons stelsel inlig. Diagnose is nie net ’n doeltreffende waarskuwingsmeganisme nie, dit dra ook by tot verhoogde doeltreffendheid. Diagnose help ons om ingeligte besluite te neem, om onnodige en nuttelose finansiële uitgawes te voorkom, onproduktiewe bewegings gedurende skoolure te beperk, doeltreffende tydsbesteding te bevorder, en om die verlies aan onderrig- en leertyd te voorkom. Eintlik is dit ’n bemagtigingsmeganisme.
Maar, wat is diagnose en waar begin mens. In die alledaagse omgang ken ons diagnose soos dit in die mediese konteks gebruik word. Vir skoolbestuur is diagnose ’n kritieke fase van evaluering wat die grondslag lê vir doeltreffende probleemoplossing en strategiese besluitneming. Dit behels die identifisering, ontleding en begrip van die grondoorsake van probleme binne ’n organisasie. Hiervoor is die ontleding van skooldata van kardinale belang. Skooldata soos toelating van leerders, onderwyser-karaktertrekke (geslag, kwalifikasies ens.), leerder-karaktertrekke, vakaanbiedinge, skoolbywoning (onderwysers en leerders), klasbesoeke, personeelvergaderings en besprekings, dissipline-rekords (onderwysers en leerders), werkverdeling en werklading, toetsrekords, eksamenuitslae, skoolouerbesoeke en vergaderings, ander tipe kommunikasie met ouers, finansies en fisiese fasiliteite moet getrou in ’n lêer bygehou word. Die ontleding hiervan sal die kwelpunte uitwys en die skoolbestuur in staat stel om regstellende strategieë aan te lê.
Hierdie een dra ek met graagte op aan Sanet (Tani) Steenkamp, die nuutaangestelde minister van onderwys en my oudleerling. Sy was ’n leerder aan die Lordsville Junior Sekondêre Skool en haar ma ’n personeellid van die skoolkoshuis.
Baie geluk Sanet en mag jou termyn uiters bevredigend en suksesvol wees. Die Cloetes en Karasburg is geweldig trots op jou. Probeer om die gedig “Ithaca” van CP Cavafy in die hande te kry. Jy het jou huidige Ithaca betree.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie