Onderwys – Die GIPF-reëls
Die gesprek tussen die GIPF en die GIPAN is op dreef, so hoop ek altans, en ons senior burgers kan net hoop op ’n positiewe uitkoms.
Die “stryd” van die GIPAN is in hierdie stadium gemik op die GIPF-reëls wat die organisasie (GIPAN) nie as billik, realisties en in die beste belang van die agtergeblewe gesinslede van gestorwe lede beskou nie.
Die president, mnr. Rafael Pieters, het van meet af beswaar gemaak teen die sogenaamde waarborgperiode van vyf jaar. Indien ’n lid binne vyf jaar ná sy aftrede sterf, verander die situasie drasties; die gade, indien die lid in die eg verbind was, en die ander genomineerdes, moet nou met minder klaarkom. Pieters is van mening dat die waarborgperiode in die lig van die veranderende (en verslegtende ekonomiese klimaat) na 18 jaar verleng word. Dit maak vir my sin aangesien die agtergeblewenes met minder moet klaarkom en noodwendig hul leefstyl sal moet afskaal.
Wanneer my skoonmoeder my geld gegee het om iets vir haar te gaan koop het, was my antwoord altyd: “Ma, mens neem nooit geld van die weduwee en die wese nie.”
Jesaja 1:17 sê ook “doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee”. Ek dink dis presies wat Pieters en sy span besig is om te doen en daarvoor moet mens hulle loof.
En sowaar, daar vind ek ’n LLB mini-tesis getiteld “The impact of the death benefits after retirement to minor children under the Namibian government institution pensions fund”, deur Whitney Chaka (2011) op Google wat hierdie uitgangspunt steun. Wat ’n fonds!
Ek het reeds genoem dat as ’n lid binne vyf jaar ná uittrede tot sterwe kom, word die maandelikse bedrag wat hy/sy ontvang het met die oorblywende periode vermenigvuldig en onder die genomineerdes verdeel.
Die weduwee/wewenaar word nou met (moontlike) afhanklike kinders ’n sukkelende gesin te midde ’n sukkelende ekonomie. Die gade, met wie die lid na sy/haar uittrede in die huwelik getree het, se situasie is nie minder benard nie. In die probleemstelling (hipotese) beweer Chaka dat hierdie negatiewe reëling nie die belang van die minderjarige kinders dien nie.
Hier moet ek noem dat dit die einste belang is waarna daar in internasionale konvensies en talle hofbeslissings verwys word. In die saak Carelse v Estate De Vries (1906) 23 SC 532 is beslis dat die ouer se verpligting om sy/haar kinders te onderhou, by die afsterwe van sodanige ouer, op laasgenoemde se boedel oorgaan. ’n Gedeelte van daai einste boedel is dan in die besit van die GIPF. Hierdie standpunt word ook ondersteun deur die Namibiese Grondwet. Na ’n ontleding van die regsinstrumente kom Chaka tot die gevolgtrekking dat reël 9.1(3)(b) nie konsekwent is met staande hofbeslissings, konvensies rakende kinderregte en die Namibiese Grondwet nie aangesien dit nie die beste belang van die kind dien nie. Een van Chaka se aanvelings is dat die GIPF bovermelde reël in heroorweging neem.
Ek is geen regsgeleerde nie, maar ek het op hierdie oomblik geen rede om met die navorser te verskil nie. Die GIPF behoort inderdaad ag op Chaka se bevindings te slaan. Verder sal dit die GIPF ook loon om die somtotaal van die reëls te onderwerp aan streng toetse van die relevante bepalings van die Namibiese Grondwet.
Ek is ook van mening dat die GIPF ag behoort te slaan op Rafael Pieters se versoek dat die vyfjaarwaarborg na 18 jaar verleng word! Anders as om gedurig na bestaande reëls en praktyke te verwys kan hieroor gepraat word. En miskien sal dit gerade wees om ag te slaan op die bybelse waarheid,”Fairness takes us home to justice”.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie