Onderwys – Evaluerings
Die herhalende powere prestasies van hoërskole in die finale skooleksamens laat ’n mens wonder hoe doeltreffend toesighouding oor en monitering van skoolprossese is.
Wat onderwys in Namibië betref, onderskei ons tussen drie vlakke. Die hoofkantoor wat verantwoordelik is vir beleid, finansiering en oorhoofse toesig, 14 onderwysstreke verantwoordelik vir implementering en toesig oor primêre en sekondêre skole en die operasionele (skole)-vlak. Die vraag is hoe doeltreffend toesighouding oor die streke is om seker te maak dat hulle hul opdrag nakom. In dieselfde asem kan ’n mens vra hoe doeltreffend die toesig oor die skole deur die streekowerhede is?
Skoolbestuur is ’n komplekse besigheid. Die somtotaal van skoolbestuur is kurrikulum-, ektra-kurrikulum-, personeel-, leerder-, fasiliteits-, uitrusting-, finansies- en skoolouerbestuur. Verder kan ons ook byvoeg bestuur van verhoudinge met streekowerhede en eksterne entiteite soos besighede en ondersteunende groepe. Die prossesse aan die hand waarvan hierdie bestuursareas bestuur word is beplanning, delegering, organisering, koördinering en kwaliteitskontrole. Hoofkantoor moet toesien dat die streke opdragte doeltreffend en stiptelik uitvoer en dit is laasgenoemde se mandaat om toe te sien dat die gestelde doelwitte op operasionele vlak realiseer. Maar, hoe doen ons dit?
Die antwoord kom van die Franse ingenieur Henri Fayol en sy 14 bestuursbeginsels. (Vandag sal ek slegs vyf bespreek.)
Eerstens moet werkverdeling (division of work) ten doel hê om produktiwiteit, akkuraatheid en doeltreffendheid te bevorder. Die toekenning van pligte moet gedoen word op grond van verworwe kwalifikasies en ervaring. Maar, nou weet ons dat dit nie altyd moontlik is, veral in minderbevoorregte en landelike gemeenskappe, om toepaslik gekwalifiseerde en ervare onderwysers te kry nie. Maar, dis geen verskoning nie dat die ministerie en die klosterstelsel (clustering) voldoende geleentheid bied vir indiensopleiding. Tweedens plaas Fayol groot klem op outoriteit en leierskap. Skoolhoofde, senior onderwysers, skoolrade en onderwysfora (alhoewel laasgenoemde twee raadgewend is), moet kan leiding gee en verantwoordbaarheid bevorder. Goeie werk moet beloon word, maar laksheid en luiheid mag nie met stilte begroet word nie.
Derdens, geen skool sal in die afwesigheid van ’n goeie dissiplinestruktuur suksesvol wees nie. So ’n struktuur sluit onder andere personeelreëls, leerdergedragskodes en kommunikasie-protokol met ouers en gemeenskap in. Dit is uiters belangrik dat almal die reëls ken en verstaan en dat dit konsekwent toegepas word.
Vierdens, baie skole verval in middelmatigheid en swak prestasie omdat daar geen eenheid van bevel (unity of command) is nie. Almal ken nie die organogram en die gesagslyne nie. ’n Skool is nie ’n diktatorskap nie, maar die opdragte van die skoolbestuur (skoolhoof, seniors en vakhoofde) moet duidelik wees en allermins botsend wees.
En, laastens is inisiatief van kardinale belang vir die onderwysprofessie; inisiatief moet aangemoedig word. Skoonmakers wag te veel op opdragte, daar word te veel gekla dat Werke nie opdaag nie, dat die ministerie se geld nog nie in die bankrekening is nie en dat die streekkantoor die skool se aanbevelings ignoreer. En so gebeur niks en verval is onvermydelik.
En hoe stel ons vas wat fout is? Ek weet dat streekkantoorpersoneel ’n aantal besoeke aan skole jaarliks bring om ondersoeke te doen.
Die vraag is nie altyd waarna daar gekyk word nie, maar hoe daar gekyk word en hoe ons opvolg. Leer ons iets oor die sterk en swak aspekte van elke skool, en of daar enige vordering gemaak word na aanleiding van die gradering van projekte en toetse. Bepaal ons of die toetse en projekte voldoende is om te voldoen aan dit wat die ministerie vereis of kyk ons slegs na die finale eksamenuitslae. Hoe rapporteer ons ons bevindings en wapper die rooi vlae hard genoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie