Onderwys – GIPF en die toestaan van lenings
Ná verlede week se rubriek vestig een leser my aandag op die beleggings wat die GIPF met geld van die lede maak. Hy noem ook een, die volstruisprojek buite Keetmanshoop te Coensbult, wat klaaglik misluk het.
Ek moet hier noem dat hierdie rubriek nie binne die genre van ondersoekende joernalistiek val nie; onderwys is ons fokus. Maar, dienende en uitgetrede onderwysers en onderwysadministrateurs het ’n groot belang in die GIPF; vandaar my belangstelling en ondersteuning vir die GIPAN.
GIPF en ander instansies soos Social Security word deur wetgewing gemagtig om met fondse tot hul beskikking, beleggings in openbare belang te maak. Daarom kan ’n mens aanvaar dat derglike beleggings met die grootste omsigtigheid gemaak word.
Maar, dit lyk my dat hierdie tipe beleggings, net soos in die geval van die toekenning van tenders, nie altyd die pad volgens verwagting loop nie. En net terloops, tenders blyk ’n ander “tier” te wees.
Oudpresident Pohamba het onlangs verwys na die massabehuisingsprojek wat nie aan die verwagtinge voldoen nie.
McHenry Venaani het in Maandag se koerant opgemerk dat ’n tender van N$200 miljoen aan ’n jong dame wat haar besigheid vanuit haar woonstel met ’n skootrekenaar bestuur, toegeken is. Daar is gebiede in die land wat ’n slagveld is van beleggings, gemaak deur instansies soos GIPF, wat nie aan die verwagtinge (drome van groot geld, werkskepping, armoede vermindering en ontwikkeling) voldoen het nie. Van hulle is byvoorbeeld die volstruisprojekte in Keetmanshoop en Mariental. Dit is eintlik ook jammerlik om te sien dat die Business Parks nie die geleenthede oplewer waar hulle opgerig is nie. Wat ’n mens amper tot trane dwing is die Spa in Warmbad, geborg met donateursgeld, wat bedoel was om ’n inkomste vir die gehuggie te genereer. Ek is van mening dat befondsing geskied en dat tenders toegeken word sonder behoorlike uitvoervaarheid- of agtergrondstudies.
In baie gevalle word besluitneming gedryf deur emosionele politiek eerder as behoorlike voorafgaande navorsing. Ek het al uitdrukkings gehoor soos: “Dis mos nie hulle geld nie.”
Die GIPF-beleggingseenheid staan lenings toe aan nuwe en bestaande besighede om die volhoubaarheid en groei van die fonds te verseker. Die lener is kontraktueel daartoe verplig om terugbetalings, wat die kapitaal en rente insluit, te maak.
Dit veronderstel ook die volhoubaarheid en groei van die lener se besigheid om die terugkeer van die geld na die fonds te verseker. In Julie 2019 is in die media gerapporteer dat meer as N$6 miljard teen daardie stadium aan besighede geleen is; dis nie duidelik hoeveel van hierdie geld terug in die geldkas van die GIPF beland het nie.
Dit het nie baie lank vir die volstruis-produksie-eenheid buite Keetmanshoop gevat, wat N$165 miljoen ontvang het, om te vou nie. Nando’s wat tien miljoen geleen het moes ook in die Covid-tyd (of as gevolg daarvan) sy deure sluit. Baie van die skuld moes ook noodwendig afgeskryf word. Volgens die media het David Nuyoma, die uitvoerende bestuurder van GIPF, rede gehad om van die niebetalende leners onder die aandag van die vervolgingsgesag te bring.
Weens die gebrek aan bewyse het die prokureur-generaal geweier om almal, met die uitsondering van twee, te vervolg. Wat was dan die redes waarom maatskappye wat sulke groot lenings aangegaan het, nie by magte was om die geld terug te betaal nie? Was dit vir hulle onmoontlik om die bestuursuitdagings van die dag die hoof te bied? Of steek daar miskien waarheid in my aanname dat die vergunnings gemaak is sonder deeglike voorafgaande ondersoeke; dit is tog die vereiste vir die toestaan van enige lening.
Mens hoor deesdae min van sulke gevalle en dit wil voorkom asof die GIPF dit reggekry het om hierdie tipe van probleme hok te slaan. Maar, dit is ’n feit dat geld wat vir ’n beter bedeling vir die lede en hul afhanklikes kon sorg, vir altyd weg is.
Die vraag wat by my spook, is of die trustees gefokus was om die lenings toe te staan en terselfdertyd die belange van die lede te beskerm of het hulle slegs op die belange van die leners gefokus? Is dit nie tyd dat, aangesien daar nou ’n instansie (GIPAN) is wat die lede verteenwoordig, om ’n lid of twee van laasgenoemde op die Raad van Trustees te koöpteer nie? Hulle het tog die afgelope tyd getoon dat die beskerming van die belange van die lede hul hoogste strewe is.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie