Onderwys – Nuwe jaar, ou probleme
Die jaar 2024 het oorgespoel na 2025 met “the good, the bad and the ugly”.
Dit is hoogs onwaarskynlik dat ’n vredesooreenkoms in die nabye toekoms tussen Rusland en Oekraïne onderteken sal word. Die vonk is by die kruitvat gebring deur Russiese ekspansionisme; dit lyk nie of Poetin die vooropgestelde inpalming van Oekraïne wil prysgee nie. Die skietstilstand tussen Israel en Hamas en sy bondgenote het Maandag na die oorhandiging van drie Joodse gyselaars, aanvang geneem.
Mens wonder na al die vernietiging van infrastruktuur, sowel as die dood en verminking van baie burgers aan beide kante van die geveg, of ’n ewigdurende vrede ooit moontlik is; die ou geskiedenis van Gasa vertel ’n heel ander storie. Ander konflikte, soos die een in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, en ander burgeroorloë sedert 2017 duur voort. Internasionale diplomate het sommer baie werk in 2025 en sal met sakke vol geld huiswaarts keer.
Die Republikeinse Party kandidaat, Donald Trump, het teen alle verwagting in die verkiesing in 2024 in die VSA gewen. Trump se minagting vir sy voorgangers ken geen perke nie, en hy het sy voorneme om beleide van die Biden-era met uitvoerende bevele te elimineer, duidelik bekend gemaak. Sy grootste teiken is onwettige immigrante wat hulle in die VSA vestig; dit lyk nie of die beskerming van menseregte hoog op sy prioriteitslys is nie. Dit lyk ook of hy onder die invloed is van die ekspansionistiese neigings van Poetin en Xi Jinping van China en het sy oog op Groenland, die Panama-kanaal en Kanada (as 51ste staat van die VSA). Trump se planne voorspel groot moeilikheid aangesien hierdie soewereine gebiede is.
Die jaar 2024 het ook heelwat verkiesings in Afrika gesien. Die nuusblad, die Maverick, het voorspel dat die regerende “struggle” partye baie steun by die stembus sou verloor. Die Botswana Democratic Party van Seretse Khama moes die knie buig voor die Umbrella for Democratic Change tydens die onlangse verkiesing daar. In Suid-Afrika, Mosambiek en Namibië het die regerende partye dit maar moeilik gehad. Van die verwaande uitspraak dat hulle sal regeer tot “Jesus kom”, sal dadels van kom. Die internasionale krieketspeler en voormalige president van Pakistan is op klagte van korrupsie vir 14 jaar tronk toe gestuur. Die president van Suid-Korea is ook uit die pos geskop en onder arres geplaas op grond van bewerings van korrupsie.
En ter plaatse? Ná die verkiesing het van die opposisiepartye besluit om die Verkiesingskommissie hof toe te sleep oor beweerde verkiesingsongerymdhede. Die wetsontwerp op selfdegeslaghuwelike is ten einde laas onderteken. Jerry Ekandjo is ’n gelukkige man, soos hy sê, maar hoe rym hierdie wet met sommige van die menseregte bepalings in die Grondwet? Dit is ook vir my vreemd hoe protagoniste van die wet die konneksie maak tussen LBGTQ-praktyke in Afrika en imperialisme.
Ná die bekendmaking van die uitslae is daar ook beskuldigings gemaak van bevoordeling van kinders van bevoorregtes by die Rukongo Vision School in Kavango. Leerlinge by hierdie skool het goed gedoen, maar die nasionale uitslae is nog glad nie wat ons wil hê nie.
En, die twee Suidestreke drink al weer aan die agterspene; die uitslae hier is glo weer pateties. Ek verneem dat ||Kharas ’n werkwinkel vir die einde van die maand in Lüderitz beplan. Hier gaan glo ’n ontleding van die uitslae gemaak word om te bepaal waar die fout lê. Sal dit help, maar meer hieroor later.
Maar, ons is nou hier, so “Happy New Year”.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie