Onderwys – Publikasie van matriekuitslae
’n Vraag op baie mense se lippe is of die finale skooluitslae (matriek) gepubliseer moet word of nie.
Dit was altyd gedoen en kandidate, hul ouers, sibbe en ander familielede het vroeg by vulstasies, winkels en kafees opgedaag om ’n kopie van die dag se koerant te kry. Dis nou al ’n geruime tyd dat uitslae nie meer in Namibië gepubliseer word nie.
Die afgelope paar jaar het daar ’n polemiek in koerante in ons buurland gewoed oor die vraag of die uitslae gepubliseer moet word of nie! Ná jare se publieke bekendmaking van die uitslae daar, is daar nou ’n sterk stem dat dit nie meer toegelaat moet word nie.
Volgens die skoolhoof van die Hoërskool Raisethorpe sien kandidate daarna uit om hul name in die koerante te sien; selfs diegene wat minder goed doen. ’n Ouer, Jeanie W, het vertel dat haar twee seuns wat ’n tyd gelede die matriekeksamen afgelê het, geen probleem daarmee gehad het dat hul uitslae in die koerante verskyn nie. Haar jongste wat in 2024 vir die eksamen gesit het, is egter nie geneë daarmee nie. Die onderwysdepartement volstaan egter met sy besluit dat uitslae bekend gemaak word; die name van die kandidate word nou net weggelaat.
Diegene wat die gebruik teenstaan is bekommerd oor die negatiewe sielkundige impak wat dit moontlik op nie-presterende kandidate mag hê. Hulle voer aan dat die kandidate dit as vernederend en demotiverend ervaar. Hulle is ook van mening dat die publikasie ’n vermorsing van papier, geld en tyd is aangesien die uitslae ’n dag ná die aankondiging by skole beskikbaar is.
Die waghond vir die beskerming van inligting (information regulator) staan nou al vir ’n geruime tyd die departement se besluit teë daar dit (volgens hulle) bots met die reg op privaatheid en vertroulikheid.
Volgens twee regspraktisyns van Cliffe, Dekker, Hofmeyr is die tradisionele publikasie van die uitslae nie genoegsame rede waarom dit nog steeds gedoen moet word nie. Volgens die twee regskonsultante Rizvi en Dickson van die regsfirma, moet publieke belange opgeweeg word teen private regte, soos in die Grondwet verskans. Hulle is van mening die globale mening neig in die rigting van die beskerming van individuele regte en dat hierdie ontwikkeling in die weg staan van die publikasie van matriekuitslae. In weerwil hiervan, het die hof in 2022, in die geskil tussen die reguleerder en die onderwysdepartement, besluit dat laasgenoemde met die publikasie kan voortgaan. Die hof verwys met goedkeuring na die jare lange gebruik daarvan. In 2024 het regter Ronel Tomay geen rede gevind waarom die uitslae nie gepubliseer mag word nie. So, ons kan aanvaar dat die 2025-uitslae weer in ons buurland gepubliseer sal word.
Ek wil graag terugkom na die argumente van die regskonsultante van Cliffe, Dekker en Hofmeyr dat publieke belange opgeweeg moet word teen private regte. Naas die kandidate en hul onmiddellike verbintenisse, is daar groot belangstelling in die uitslae. Ek glo stellig dat donateurs en borge graag sal wil weet of hul bydrae ’n positiewe impak maak op die kwaliteit van onderwys. Die publikasie van uitslae sal dit vir beursgewers moontlik maak om beurse gebalanseerd en eweredig aan suksesvolle kandidate oraloor die land toe te ken. En, natuurlik het die belastingbetaler ’n reg om te weet hoe sy/haar bydrae tot die geldkas van die staat aangewend word. Tans, is dit baie duidelik in ons land dat die belastingbetaler nie waarde vir sy geld kry nie.
Ek weet nie waarom die publikasie van uitslae in Namibië gestuit is nie. Sover ek weet is hier geen polemiek of openbare diskoers oor die onderwerp gevoer nie. Ek kon ook geen afdoende navorsingsbewyse kry dat die publikasie van uitslae indruis teen die reg op privaatheid of ’n uiterse negatiewe sielkundige impak op kandidate het nie. Ek wil saam met die hof in ons buurland stem dit is vir baie jare gedoen en dat daar geen rede is waarom ons nie daarmee kan voortgaan nie. Ek sal graag, vir moontlike toekomstige rubrieke oor hierdie onderwerp, van lesers en onderwysadministrateurs wil hoor.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie