Onderwys – Skoolreëls en hofuitsprake
Orde op skoolpersele is van kardinale belang vir onderrig en leer om plaas te vind.
Aan die hand van hierdie orde, geskep deur positiewe dissipline, wil ons ’n kultuur van onderrig, leer, rekonsiliasie, verdraagsaamheid, wedersydse respek en vrede by ons leerders kweek. En, dit moet gebeur binne die konteks van demokratiese waardes.
Die vraag is of skole nou nougeset by die nastreef van hierdie edele waardes hou? Dit lyk nie of die streke hul implementerings- en toesighoudingsrolle mooi besef of ken nie, en of skole die dringendheid en nodigheid van die instrumente wat op operasionaliseringsvlak ontwikkel moet word, verstaan nie.
Die gedragskode vir leerders is maar een van hierdie kritieke instrumente. Die reg, veral deur hofuitsprake, leer ons nogal heelwat oor hierdie belangrike instrumente, soos die leerdergedragskode.
’n Suid-Afrikaanse skoolmeisie van Indiese afkoms, aan die Durban Girls High, beweer dat die gelykheidshof in RSA se handhawing van die skool se verbod op die dra van neusjuwelierstukke, in terme van die skool se gedragskode, indruis teen haar tradisionele en kulturele regte. Die hof het die respondente (die Natalse LUR vir onderwys, die skoolhoof, die beheerliggaam en die skool se skakelbeampt) gelyk gegee in die toepassing van die gedragskode. Maar, op ’n appèl het die Natalse afdeling van die hoërhof haar gelyk gegee en die gelykheidshof se beslissing omgekeer.
Omdat dit nou duidelik was dat daar ’n klompie grondwetlike regte in die gedrang was, het die respondente hulle hierna na die konstitusionele hof gewend. Hierdie hof het op sy beurt die beslissing van die Natalse hof gehandhaaf.
Uit die twee hofuitsprake is daar heelwat te leer. Eerstens, ten spyte daarvan dat Sunali by die Durban Girls High aangesluit het, wetend dat die dra van ’n neusring verbode was, wil nie sê dat sy afstand gedoen het van haar tradisionele en kulturele regte nie.
Die feit dat die skool druk op haar geplaas het om na ’n ander skool te gaan waar die gebruik welkom was, was eintlik ’n skending van hierdie regte.
Tweedens, die skool se verweer dat die gedragskode juis so opgestel is om neutral te wees en al die meisies op ’n gelyke basis te behandel, hou nie water nie. Dit het juis die teenoorgestelde effek dat dit neerkom op uitsluiting en die miskenning van haar tradisionele en kulturele regte van sekere leerders. Die reëls was dus nie neutraal nie. Derdens, is dit duidelik dat die gemeenskapslewe nie baie duidelik in die skoolreëls reflekteer nie. Ons leef in diverse gemeenskappe wat kultuur, godsdiens en tradisies betref. Omdat ons kinders uit hierdie diverse gemeenskappe tot ons skole toelaat, kan ons nooit hierdie diversiteit vergeet nie. Om dit te ignoreer, lei tot diskriminasie en uitsluiting.
Vierdens, juis omdat ons gemeenskapslewe so divers is, is dit van kritieke belang dat die opstel van ’n gedragskode oop moet wees vir publieke deelname. Hierdie deelname sal nie net die relevansie van die dokument verhoog nie, maar ook die legitimiteit daarvan.
Dit is in elk geval ’n “regstuk” wat deur die howe afgedwing of afgekeur kan word. In sy slot opmerkings maak die hof veel van hierdie diversiteit. Die hof is van mening dat diversiteit nie iets wat gevrees of misbruik moet word om sekere standpunte of ideologieë te bevorder nie. Kinders moet toegelaat word om hierdie diversiteit (hul kultuur, godsdiens en dies meer) binne die perke van die geskepte orde vrylik uit te leef.
Diversiteit moet gevier word, met dien verstande dat ons altyd bewus is van die verdelende krag daarvan.
Laastens beveel die hof aan, in die lig van ons veranderende wêreld, dat skole gereeld hul gedragskodes moet “afstof” en die relevansie daarvan bepaal.
Dit bring my by ’n voorval wat in die ||Kharasstreek gebeur het waarna ek al (met goedkeuring) verwys het.
’n Skoolhoof het geweier dat ’n seun met ’n rasta-haarstyl die skool bywoon, waarna die ouers die destydse minister van onderwys genader het. Ná ’n ondersoek en aanbevelings deur die inspekteurs van onderwys, het die minister beslis dat hy dan ’n skool van sy keuse kan bywoon. Die minister en my voormalige kollegas was verkeerd, so ook ek in my vorige artikel.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie