Onderwys – Skoolreëls en uniformiteit
In die meeste skoolgemeenskappe is daar die onwrikbare geloof dat uniformiteit (en seker ook konformiteit) belangrik vir die goeie orde op skoolterreine is. Dit word gesê dat uniformiteit, soos weerspieël deur die leerders se voorkoms, uiters belangrik is vir dissipline en leerder-prestasies. In lyn hiermee het skole ook duidelike voorskrifte oor skooluniform, die dra van juweliersware en haarstyle.
Maar baie belangrik, ’n hoë premie word geplaas op netheid. Ek kan nie verstaan dat sommige skole nie seuns verplig om hul hemde in te steek nie. Meisies het ook al die lelike gewoonte aangeleer om nie hul bloese in te steek nie. Alhoewel die onderwysregulasies nie voorskryf wat netjies is nie, is dit beslis nie netjies nie, maar word ooglopend toegelaat. Maar dit eers daar gelaat. Dit is veral haarstyle wat vandag die kat in die duiwehok loslaat. Die “oopmaak” van ons wêreld, ’n newe-effek van globalisering, het ook ’n geweldige impak op haarstyle hier ter plaatse. Pruike en ander tipe van kunshare is nie net ’n groot mark nie, maar ook hoe daar met eie en kunshare getoor kan word.
Dames wat dit kan bekostig soek Brasiliaanse hare en Hannon se produkte. Die skoolmeisies “sal eerder dood as uit die mode wees”. Die een haarstyl wat die meeste teenkanting van skoolowerhede uitlok, is die een van die Rastafariërs. Die groep se godsdiens verwag glo van die aanhangers om hul hare volgens die Rastafariër-voorskrifte te dra. Dit het al tot heelwat regskonflikte tussen leerders en skoolowerhede aanleiding gegee.
Een hofgeding in die RSA het begin met ’n dissiplinêre verhoor by die skool, gevoer na die gelykheidshof, geappelleer na die hoërhof en geëindig in die konstitusionele hof. Die leerders hou van die nuwerwetse style, vir die ouers lyk hulle tog te “poenankies” en die stryd is nog lank nie klaar nie.
Daar is nou ’n kat van ’n ander kleur daar êrens in die Noorde in die duiwehok losgelaat. Die skoolhoof êrens daarbo het na bewering die seuns en meisies beveel om al hul hare te skeer. Die ministerie het blitsvinnig met ’n direktief wat al voorheen uitgestuur is (volgens die stempeldatum) vorendag gekom. Die direktief verwys veral na die tersaaklike artikels van die Grondwet te wete 10 en 21 sowel as na die onderwyswet wat hierdie tipe optrede verbied. Maar, is die direktief genoeg, en veral die uitleg daarvan, om hierdie situasie sowel as toekomstige soortgelyke situasies die hoof te bied?
Die woord uniformiteit, verwys onder andere na die goedgekeurde skooluniform asook beperkinge op juweliersware en haarstyle soos dit opgeteken is in die gedragskode vir leerders. Gedragskodes bevat byvoorbeeld ook duidelike voorskrifte rakende die lengte van die romp/rok en die lengte van die hare. Dit is belangrik dat gedragskodes,veral met betrekking tot bovermelde, aangeneem word met die inagneming van godsdienstige en kulturele affiliasies van die leerders. Die howe het al in ’n hele paar hofbeslissings aanbevelings hieroor gemaak.
In ’n saak in die Kaapse hoërhof het ’n Moslem-skoolmeisie toestemming gesoek om skool in klere wat in ooreenstemming met haar religieuse voorskrifte was, by te woon. Sy wou ’n broek in plaas van ’n skoolrok of romp dra, om haar bene te bedek. Haar skool het volstrek geweier en sy het haar tot een van die onderwysliggame om hulp gewend. Die het haar saak na die gelykheidshof geneem wat haar gelyk gegee het.
In ’n ander saak wat in die Kaapse provinsiale afdeling gedien het, het ’n skoolmeisie van Settlers High School ook die hof genader. Sy was ’n Rastafariër en die skool wou nie toelaat dat sy met “dreadlocks” skool bywoon nie. Hulle het selfs geweier dat sy ’n hoofbedekking dra. Die hof het in haar guns beslis en wel om die volgende redes.
Eerstens, ’n skool se gedragskode moet gefokus wees op positiewe dissipline om sodoende ’n kultuur van rekonsiliasie, leer, onderrig, wedersydse respek, verdraagsaamheid en vrede te kweek.
Tweedens, volgens die hof beteken vryheid van uitdrukking (expression) die reg om te soek, te hoor, te lees en om klere en haarstyle te selekteer. Maar, waarsku die hof dat daar gewaak moet word teen ekstreme vorme van uitdukking (expression) daar dit die regte van andere onder druk plaas. Die skool sowel as leerders en ouers moet hier altyd strewe na ’n volkome balans.
Volgende week kan ons kyk na die rolspelers wat betrokke by die proses moet wees en ander faktore wat in ag geneem moet word wanneer besluite oor ’n gedragskode geneem word aan die hand van die hofsaak wat begin het in die gelykheidshof en geëindig het in die konstitusionele hof van die RSA.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie