Onderwys – Transformasionele vs transaksionele leierskap
Die treurmare duur voort!
Die ||Kharas-onderwysstreek se finale skool-eksamenuitslae is nou al vir ’n paar jaar teen die grond. Dis hoogtyd dat die streeksisteem oopgevlek en die gebreke gevind word.
Maar, kom ons begin by die verhaal van Crestway Hoërskool doer in die Kaap. Crestway was een van die swakste presterende skole, nie net in die Kaap nie, maar in die hele provinsie. In 2023 het die skool die swakste van die Kaapse skole gevaar; slegs 35,9% van die matrieks het die paal gehaal. Die aantal universiteitstoelatings was bitter min. Die omkeerpoging het vroeg in 2024 met ’n omvangryke transformasie-strategie begin.
’n Ooreenkoms is met Jonathan Jansen aangegaan wat bereid was om die skool te help. Prof. Jansen, ’n alumnus van die Stanford-universiteit in die VSA, ’n voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en nou verbonde is as hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch, is bekend vir hierdie soort omkeerstrategieë. Tydens sy termyn as rektor by die UV, was die provinsie se hoërskole van die swakstes in die land. Jansen het hier betrokke geraak, sy moue opgerol en grootliks bygedra tot verbetering daar.
Crestway se skoolbestuur was bereid om eksterne hulp te aanvaar. Met die leiding van die skoolhoof en kundige hulp van Jansen het die slaagpersentasie van Crestway tot 66% gestyg. Hulle het dit reggekry deur die vaardighede van die bestuur op te gradeer en ondersteunende onderwyspersoneel te bou. Ontledings van alle beskikbare skooldata soos skool- en klasbywoning (onderwysers en leerders), toetsprogramme, tuiswerkrekords, uitvalkoerse (dropout rates), dissipline-rekords, eksamenuitslae en dies meer is gedoen om gebreke in die skoolstelsel bloot te lê. Daar is veral gewaak teen die vermorsing van tyd; onderwysers en leerders moes besef dat elke minuut kosbaar is. Skoolhekke is ook vir laatkommers gesluit. Studieruimtes en geleenthede vir tuiswerk is geskep en alumni, skoolraadslede en skoolouers is ingeroep om te help met toesighouding. Die betrokkenheid van die hele skoolgemeenskap het nog ’n byvoordeel gehad; welwillendes onder hulle het behoeftige leerders gehelp met skooluniforms, skoene, skryfbehoeftes, kos en mediese voorrade. Daar is ’n paar aspekte van die projek wat vir my uitstaan wat die sukses daarvan gewaarborg het.
Eerstens, die skoolbestuur was nie onwillig, huiwerig of te alwetend om eksterne hulp in te roep nie. Die skoolbestuur het besef dat dit nie in hulle was om die patetiese situasie om te keer nie. En, in hierdie geval het hulle die beste gekry wat beskikbaar was.
Tweedens, dit was ’n totale projek. Naas die feit dat die hele skoolgemeenskap betrek is, is alle beskikbare hulp uit die onmiddellike omgewing benut. Verder is ontledings van alle beskikbare skooldata gemaak; dit het gehelp om presies te bepaal wat fout was. En, alhoewel die 2023-matriekuitslae die projek feitlik “geïnisieer” het, was dit nie die fokus nie. Daar is besef dat deur te soek na die oorsake vir een of meer jare se swak matriekuitslae en dit te takel, sou nie langdurige verandering bring nie. Met ander woorde, die oplossing lê nie in transaksionele veranderings nie, maar in werklike transformasie.
Elke jaar, nadat die matriekuitslae bekend gemaak word, verdiep ons ons in Excel-ontledings en haas ons na werkwinkels om die redes vir swak prestasies te soek. Soms is ons al bewus van sommige van die redes soos onbetrokke en ongemotiveerde onderwysers en onderwyser- en leerlingafwesigheid. Keer ons terug huis toe, sit ons met korttermyn (transaksionele)-veranderings.
Is dit al waartoe ons in staat is of beskik ons eenvoudig net nie oor die transformasionele leiers nie?
(Hierdie een dra ek op aan Wendy (Dalla) Schiefer, ’n oudleerling van my. Nadat ek Karasburg jare gelede verlaat het, het ek Wendy weer in 2023 raakgeloop. Mooi rus Wendy) – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie