Onderwys – Verpligte primêre en gratis onderwys
Elke jaar sukkel ek met twee onderwysbegrippe naamlik, verpligte primêre onderwys en basiese gratis onderwys.
Die Grondwet in Namibië maak primêre onderwys verpligtend en die vraag of ’n bepaalde kind tot die skool toegelaat moet word, is irrelevant. Die staat, ouer of voog het geen ander keuse as om so ’n kind in ’n skool te sit nie en geen skoolhoof mag so ’n kind toelating weier nie. Dit volg dus dat daar ’n plig op die staat rus om redelike bronne te voorsien wat gehalte-onderwys moontlik maak en terselfdertyd die regte van die kind bevorder. Gratis onderwys beteken presies wat dit sê; geen finansiële las op die kind, ouer of voog nie. Dit was aanvanklik slegs van toepassing op primêre onderwys, maar is later na die hoërskool uitgebrei. Ek verkeer nog altyd onder die indruk dat dit gedoen is sonder die inagneming van die ekonomiese en ander realiteite. My probleem nou egter is die anomalieë. Die beleid van verpligte primêre onderwys strook geensins met die aantal tjokkertjies wat gedurende skooltyd die strate vol ronddwaal en bedel nie. Verder, gratis onderwys word hoog geprys terwyl die boekwinkels en groot kettingwinkels lustig in skryfbehoeftes handel dryf. Die versoeke van skole aan ouers om skryfbehoeftes, skoonmaak- en sanitasiemiddels aan hulle te “skenk” is natuurlik baie winsgewend vir hierdie besighede. Het die tyd nie aangebreek dat die ministerie duidelik uitspel wat werklik met gratis onderwys bedoel word nie? Eerstens, dit is al gesê dat ons onderwys wel gratis is, maar “dat niks in die lewe verniet is nie”.
Tweedens, kan dit ook beteken dat die per kapita besteding vir skryfbehoeftes, gesondheid en sanitasie N$115.00 is met die verstandhouding dat die skole lang lyste van behoeftes (skryf, gesondheid en sanitasie) aan ouers kan stuur vir sg. “vrywillige” bydraes. Derdens, is die sg. fooi wat die meeste skole van ouers verwag om by registrasie te betaal (sg. administrasie kostes), dan ook deel van die gratis onderwys-“pakket”?
Vierdens, beteken verpligte en gratis onderwys ook dat leerders nie weggewys mag word nie, terwyl die ministerie sukkel om die gebrek aan klaskamer- en ablusiegeriewe aan te spreek (sien die Sun van 13 Jan)?
Vyfdens, word skole verbied om geld wat van die staat gekry word aan te wend vir sekuriteitsdienste, terwyl skole die teiken van inbrekers en rowers is?
Laastens, het ek nou die ander dag ’n interessante weergawe van gratis onderwys van skoolkinders verneem. Op die ingewing van die oomblik het ek ’n kort onderhoud met drie hoërskoolmeisies gehad. Dit was in Shoprite waar hulle besig was om skryfbehoeftes te koop waar ek hulle raakgeloop het. Ek wou by hulle weet waarom hulle nog skryfbehoeftes koop terwyl die skool (wat geld van die staat ontvang) dit moet voorsien.
Volgens hulle word die nodige skryfbehoeftes wel voorsien, maar dit word van die ouers verwag om die tekorte aan te vul. Wanneer die skool sewe hardeomslae-skryfboeke vir ’n sekere graad voorskryf en net vier per leerder kan voorsien, moet die ouers die uitstaande drie aankoop.
Wat skenkings van donateurs betref, is daar net so ’n Babelse verwarring. Ek is ’n voorstaander daarvan dat lede uit die sakegemeenskap skenkings aan skole maak. Ek is egter van mening dat groot donasies voorwaardelik gemaak moet word en die skenker die reg het om die aanwending daarvan te monitor.
Ek het ook laas berig oor ’n skool wat donasies vir ’n skoolsaal ontvang het maar dat die projek nog nie afgehandel was nie; en steeds nie afgehandel is nie. Dis ook nie duidelik wanneer die projek afgehandel sal word en ’n deel daarvan skep ’n gevaar vir die kinders. Die streekkantoor het in gebreke gebly om die projek te monitor en nou word dit duidelik gestel skenkings moet onvoorwaardelik gedoen word.
Die ministerie het duidelike voorskrifte oor hoe alle fondse deur die skool bestuur moet word. Alle inkomste en uitgawes moet geboekstaaf word en fakture en kwitansies moet bewaar word.
Maar, nou sê een ouer dat die skole nie eens aan hulle rapporteer hoe hulle die geld wat hulle ontvang, aanwend nie. Maar, van al die voorskrifte van die ministerie sal dadels van kom as die streekkantore hulle nie daaraan steur nie. Ek is oortuig daarvan as die ministerie ’n bietjie moeite doen, sal hulle ’n relasie vind tussen swak oorhoofse streekonderwysbestuur en powere skoolprestasies.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie