No Image Caption

Onderwys – Wie sê hulle is ons?

Mandy Rittmann
Ek het Josef Pieters, die leier van die Government’s Institution Pensioners Association of Namibia (GIPAN), belowe dat ek in ’n paar artikels aandag sal gee aan hul respons op die noodkreet van die lede van die Government Institution Pensioners Fund (GIPF).

Ek doen dit omdat daar talle oudonderwysers is wat nie tevrede is met die posisie waarin hulle hulself bevind ná aftrede nie; ek is een van hulle. Maar eers, wie is ons?

In Mattheus 13 vra Jesus aan sy dissipels: “Wie sê die mense is die Seun van die mens?” Hierop was daar ’n paar antwoorde. Net daarna vra Hy weer: “Wie sê julle is Ek?” Hierdie keer het Petrus reg geantwoord. Weer eens, wie is ons dan? Eerstens, is ons ’n groep onderwysers (ook ander staatsamptenare) wat ooreenkomstig wetgewing nie meer ná die ouderdom van 60 ’n permanente betrekking in die staatsdiens mag beklee nie. Hierdie perk word gestel deur ’n persoon se aantal leefjare; nie noodwendig fisieke of psigiese gesondheid nie. Oudonderwysers en -staatsamptenare kan na die bereiking van 60 kontraktuele aanstellings kry, maar slegs vir kort periodes en sonder die beskerming wat gepaard gaan met ’n normale permanente betrekking.

Hierdie beskouing van ’n senior burger, vanuit die oogpunt van die staat, is taamlik eng en neem nie lewensverwagting en -uitdagings, meestal finansieël, in ag nie. Selfs in die breë gemeenskap is daar nie eenstemmigheid oor wat ’n senior burger nou eintlik is nie. Sommige besighede en openbare kantore is bewus van die behoeftes van senior burgers; ander is eenvoudig blind daarvoor. Nou die ander dag moes ek en my gade vir niks minder as 30 minute saam met jonger mense in ’n ry wag om by een van die plaaslike handelsbanke gehelp te word.

Aan van my oudkollegas is al gesê: “Meesters, julle het mos genoeg gewerk. Dit is tyd om te gaan rus.”

Ons word gesien (of geduld) as ’n groep wat slegs goed genoeg is om tuis te bly en om die huis te beweeg soos die son draai! Ek kry die indruk dat die GIPF ook so ’n verdwaalde siening het!

Wie is ons? Ons is mense wat jare gelede die skool verlaat het, na ’n naskoolse opleidingsinstansie toe is, gaan werk het of by die staatsdiens aangesluit het. Ons is mense, veral die wat uit die agtergelate gemeenskappe kom, van wie daar ook verwag was om tot die huishouding by te dra. Maar, ons is ook persone uit die laer-inkomstegroepe. Ons is verpleegsters, polisiemanne en -vroue, skoonmakers, koshuispersoneel en ander gewone werkers. Ons is mense wat lewensmaats gevind het, getrou het en kinders in die lewe gebring het. Die verpligtinge het verdubbel en verdriedubbel; die monde wat gevoed moes word, was nou skielik meer. Behuising, vervoer, gesondheidsdienste en versekering moes gefinansier word. Baie kinders is ná skool na naskoolse opleidingsinstansies en in sommige huishoudings was daar grootouers en grootmaakkinders wat ook versorg moes word. Alles wat opgaan moet ooreenkomstig die wet van gravitasie weer afkom, maar nie lewenskoste nie. Die basiese kostes van huishoudings styg by die dag, terwyl vervoer, versekering en gesondheid nie agterweë bly nie. Die sirkel van die lewensverantwoordelikhede word so voortgesit; dit is die werklikhede van die lewe soos Mufasa dit in The Lion King uitbeeld.

Maar, een van die werklikhede van die lewe word uitgedruk in die gedig,”No man is an island” van John Donne. Ons bestaan nie in isolasie nie en ons definieer nie onsself nie. Ons word gedefinieer deur diegene en instansies met wie ons hierdie aarde deel.

So word bejaardes gedefinieer deur familie, lede in die breë gemeenskap, gemeenskapinstansies, die staat en veral, die GIPF.

Volgende week sal ons kyk na die beskouings van die staat en veral die GIPF.

[email protected]



* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.54 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.99/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.70% | Zinc US$ 3 072.60/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 991.56/OZ UP +0.76% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.16 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.56 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.54 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.99/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.70% | Zinc US$ 3 072.60/T DOWN -0.01% | Brent Crude Oil US$ 74.70/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 991.56/OZ UP +0.76%