Godfrey Kleinhans
Godfrey Kleinhans

Onderwys

Mandy Rittmann
Godfrey Kleinhans

En nogmaals tiener-swangerskappe!

Die onlangse verslag van Dr David Emvula oor tiener-swangerskappe in die media, het my oortuig dat die tyd, energie en geld wat aan hierdie sosiale euwel bestee word, nie aan ons die verwagte uitkomste besorg nie. Die voorkoms daarvan neem toe en dit sleep jong dogters die armoede poel in. In die vier vorige aflwerings oor hierdie onderwerp, is ‘n paar kritieke aspekte daarvan belig.

Eerstens is gewys op die diskonneksie tussen beleid en realiteit, die konneksie tussen tiener-swangerskappe en armoede en die voorkoms daarvan in Afrika. Die tweede artikel het gefokus op klein navorsingsprojekte; een by’n skool in die RSA en ‘n onderhoud wat ek ter plaatse gevoer het. In die derde aflewering is die fokus geplaas op voorkoms daarvan in Ohangwena wat bewys dat die situasie veel erger is as wat die onderwys-statistieke wys. In die laaste aflewering het ek daarop gewys dat tiener-swangerskappe hoef nie die einde van jong dogters se drome te wees nie. Met die nodige ondersteuning kan moeder-dogters nog hul drome realiseer.

Dr Emvula, ‘n pediater by die Windhoek Sentraal, se verslag en kommentaar oor die toename in voorkoms van tiener-swangerskappe, dui daarop dat ons rede tot kommer het. Volgens die United Nations Population Fund for Namibia was die groeikoers in tiener-swangerskappe iets soos 19%. Dit wil sê dat amper ‘n 5de van dogters 19 jaar en jonger swanger raak of geboorte skenk. In die eerste termyn van hierdie jaar was daar 147 dogters swanger in Zambezi. Weereens wys ek daarop dat die statistieke van Gesondheid en Geslagsgelykheid meer betoubaar blyk te wees. Volgens Dr Emvula wil dit voorkom asof seksuele onderrig op skool nie

veel vrugte afwerp nie.

Die parlementêre komitee wat die verskynsel in van die noordelike streke ondersoek het, het onder andere die ekonomiese oorsake vir tiener-swangerskappe uitgelig. Hulle het gevind dat jong dogters “seksuele gunste” vir geld verruil aan vragmotor- en taxibestuurers en sg “sugar daddies”. Verder is daar die bewering dat ouers nie juis hul dogters ontmoedig nie, daar van die moeder-dogters of hul kinders onder sekere omstandighede kwalifiseer vir ‘n soort van toelaag. Ons sit met ‘n probleem!

Ek het voorheen daarop gewys dat die problematiek van tiener-swangerskappe roep om ‘n multi-sektorale benadering. Ons benodig kennis en ervaring vanuuit verskillende sektore. Ja, data word ingevorder deur Gesondheid en Welsyn, Geslagsgelykheid en Onderwys. By Onderwys word data ook ingevorder deur die skoolsielkundiges. Op hierdie stadium is daar nie vir my ‘n goeie aanduiding van die sinchronisasie van hierdie pogings nie. Intussen gaan die tendens voort en armoede vermenigvuldig. Die bose kringloop word soos die ondeurdringbare muur van Sjina. Dit is tyd dat die gemeenskap betrek word en sy “eie” probleem op ‘n

kollektiewe wyse aanspreek.

Die doel van koerantrubrieke is om problematiese situasies aan te spreek, die leserspubliek in te lig, positiewe en negatiewe kritiek te lewer, en moontlike oplossings aan die hand te doen. In die lig van hierdie “mandaat” is dit my mening dat tiener-swangerskappe suksesvol aangespreek kan word deur ‘n Gesondheids- en Veiligheidsfora. ‘n Forum bestaande uit verteenwoordigers van die plaaslike en streeksowerhede, die onderwys-streeksdirektoraat, maatskaplike werkers, plaaslike staatshospitaal, plaaslike magistraatsakantoor , die polisie en verteenwoordigers van die universiteitskampus. Verder moet geestelike leiers, vroedvroue, uitgetrede onderwyskundiges soos skoolhoofde, inspekteurs van onderwys, skoolsielkundiges

en onderwysbeplanners ook sitting op so ‘n forum kry. So ‘n forum kan spesifiek fokus op tiener-swangerskappe en reproduksie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A