Onderwysrubriek – Brief aan waarnemende direkteur in ||Kharas
Beste Jesmine
Baie geluk met jou aanstelling. Mag daai kantoor vir jou baie vreugde bring. Een van die voordele van oud word, is dat mens (dis nou ek) aan diskoerse kan deelneem en kritiseer sonder om sleg daaroor te voel. Aan die ander kant kan mens raad uitdeel sonder om daarvoor gevra te word. Dis presies wat ek nou wil doen. Elke keer wanneer jy ’n belangrike besluit moet neem, herinner jouself aan, “No Man is an Island” van John Donne.
“No man is an island,
Entire by itself,
Every man is a piece of the continent,
A part of the main.”
Betrek andere rondom jou; veral afgetredenes en oudkollegas. Jy het ’n hele ensiklopedie van kennis, ervaring en insig rondom jou; in sommige gevalle net ’n klipgooi ver. Maak gebruik van hulle. Vir jare moes die streek sonder ’n onderwysforum klaarkom; dit was teen die wet. As gevolg hiervan is die streekkantoor van belangrike ondersteuning ontneem. En, niks verhoed jou om gemeenskapslede op hierdie forum en selfs op skoolrade op ’n ad hoc-basis aan te stel nie. Die lyste soos deur die wet voorgeskryf, is nie geslote nie. Hulle het net nie stemreg nie.
Die aanstelling van onderwysers oor die afgelope klompie jare was nogal verwarrend. Die aanstelling van leerkragte van buite die streekgrense, of kontra die aanbevelings van die skoolrade in senior posisies, het die indruk geskep die wet op regstellende aksie wil dit so hê. Die probleem met hierdie praktyk is talle bekwame onderwysers uit agtergeblewe gemeenskappe en wie vertroud is met die institusionele geheue van die instansie, word eenvoudig geïgnoreer. Wie is beter geskik vir vakante poste by ons skole as kandidate wat in alle opsigte kwalifiseer en reeds verbonde aan die skool is. Die kandidaat ken die inrigting! ’n Doeltreffende bestuurder heg baie waarde aan inligting en data; dit is jou rigtingwysende sterre.
Eis goedversorgde verslae met goeie inligting, juiste gevolgtrekkings en implementeerbare aanvelings van jou inspekteurs, vakadviseurs en onderwysbeplanner; soos een Amerikaner gesê het: “Beautiful words and good numbers”. Hulle, veral jou onderwysbeplanner, moet jou voorsien van akkurate koerse rakende toelating, promosie, herhaling, terugkerende leerlinge, uitval (dropouts) en konstruksie. En moenie vergeet van swangerskappe en leerling- en onderwyserafwesigheid nie. En, kyk tog mooi na die reis- en verblyfbegroting. Daardie geld is primêr bedoel vir die bevordering van gehalte-onderwys en nie vir “jollie-patrollie trips” nie. Moet jou ook nie veel steur aan die sogenaamde Twinning Agreement met die Noord-Kaap nie. Die ooreenkoms bestaan al lank, maar daar het nog weinig gekom van die oorspronklike doelwitte. Jy kan maar net gaan luister na die onlangse toespraak van Justus Beke-Beke, die Noord-Kaapse direkteur-generaal. Jesmine, beskerm ons kinders. Daar is al baie gerapporteer van kinders wat mishandel word; seksueel en andersins. Dis ’n skandvlek op die naam van die onderwysstelsel wat moeilik uitgewis word. Moenie nog vrae vra nie! Kla die beskuldigdes dissiplinêr en strafregtelik aan en haas jou daarmee. En, neem kennis dat die straatkinders se getalle toeneem. En laastens, daai ander skandvlek op die perseel van julle kantore, reël dat dit opgeruim word. Dit lê nou al ’n klompie jare daar.
Die stoel- en lessenaarrame kan almal herstel word. Sterkte daarmee!
Ek herinner jou laastens aan die laaste twee strofes van “No Man is an Island”.
“And therefore, never send to know for whom the bell tolls; it tolls for thee”.
Alles begin en eindig by die hoofbestuurder.
Jesmine baie sterkte met jou groot taak en Gods rykste seën word jou toegewens.
Mooi loop! – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie