Onderwysrubriek – Vadersdag
Vroeër het ek Vaders- en Moedersdagkerkdienste sover as moontlik probeer vermy. Die dienste was anders; mense met of sonder ouers is gevra om te staan om so hulde aan hulle (die ouers) te bring. Andere is genooi om bydraes te lewer; in plaas daarvan om diegene wat reeds heengegaan het se nalatenskap te vier, is allerhande emosies opgeroep wat soms ontaard het in ’n tranedal. Sulke tonele kan nogal ontstellend wees, veral as albei jou ouers reeds weg is.
Maar, waar en wanneer het die idee van Vadersdag ontstaan? Dit was die inisiatief van Louise Smart Dodd. Dit was tydens ’n Moedersdagdiens dat sy besef het sy kon haar gestorwe pa op dieselfde manier vereer. Haar pa was ’n wewenaar wat ses kinders moes grootmaak; ’n taak wat hy volgens haar met groot onderskeiding verrig het. Dit was in 1909 en Vadersdag sou eers baie later op die Amerikaanse kalender kom. In 1924 het president Calvin Coolidge Amerikaners aangemoedig om Vadersdag te vier. In 1966 het president Lyndon Johnson Vadersdag vir daardie jaar afgekondig en in 1972 is die dag amptelik verklaar deur president Nixon.
Maar, Vadersdag in die VSA, het ontaard in iets anders as wat me. Dodd in gedagte gehad het. Vadersdag is net soos Moedersdag en ander feesdae soos Kersfees gekommersialiseer. “Koop en verkoop” het so ’n groot omvang aangeneem dat daar na die dag verwys is as die tweede Kersdag. ’n Publikasie van 16 bladsye getiteld, “How to sell more goods” is selfs uitgebring. Aanvanklik het die meeste vroue en kinders gefokus op dasse en tabakprodukte. Verkope het die vyf miljard (billion) dollar merk gehaal en 15,5 miljard dollar word vir vanjaar (2023) in die VSA geprojekteer. Vadersdag het die dag van die sakevaders, moeders en vennote geword!
Maar Vadersdag, waaraan moet dit ons vaders regtig herinner. Eerstens, ons mans wil graag kinders hê. Ons droom graag van ons bulletjie wat eendag ’n groot sportman en die eerste dokter in die familie gaan word. Dis alles mooi, maar ons kan obsessief oor ons drome en wense word, wat in haglike gedrag teenoor ons kinders kan ontaard. Droom liewers van ’n gesonde baba met tien vingers en tien tone en al die ander dele op die regte plekke. Wees lief vir hulle, koester hulle en help hulle waar dit nodig is en bou saam aan hulle drome. Skop met hulle rugby- en sokkerballe, speel albasters met hulle en leer hulle om mooi vlieërs te maak. Vertel hulle mooi stories met slapenstyd en leer hulle bid voor hulle ogies toeval. Die eenvoud en kinderlike geloof in die volgende een steek nog steeds vas by my.
“Now I lay me down to sleep,
I pray the Lord my soul to keep.
If I should die before I wake,
I pray the Lord my soul to take. Amen.”
As die bulletjie meer met die dogtertjies se poppe wil speel en hulle klere aantrek, moet hom nie wil reg slaan of in bepaalde rigtings dwing nie. En, soos die Bybel vermaan, moenie jou kinders vertoorn nie. Iemand het gesê God vergewe maklik, maar diegene wat ’n kind leed aandoen, sal daai vergifnis nie maklik smaak nie. En onthou wat Khalil Gibran in “The Prophet” sê dat ons kinders aan ons geleen is. Ek sluit hierdie bydrae graag met hom af.
“And a woman who held a babe against her bosom said, Speak to us of Children. And he said: Your children are not your children. They are the sons and daughters of Life’s longing for itself.”
Hulle behoort aan die toekoms.
(Ek dra hierdie rubriek graag op aan my vrou se neef, Sam Swartz, wat doer in Kanada by van sy kinders, die lewe gelaat het. Hy was ook in sy “ander” lewe ’n onderwyser.)
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie