No Image Caption

Ongelooflike onverwagte lewe

Augetto Graig
Die lewe is ongelooflik en onverwags terwyl dit terselfdertyd dit regkry om so te sloer dat dit dikwels blyk daar gebeur mooi niks nie.

Dit mag wel vir jou voel dat die dae so ineen loop, so oorvol raak, die ure van dieselfde ou roetine. Elke oomblik is dit weer inasem, uitasem, inasem, uitasem. Die alledaagse herhaling vir die kern aksies wat ons almal aan die lewe hou, raak traag. Ons verloor die wonder van die lewe in die vervelige besonderhede en die herhalende spanning van dag tot dag.

Moenie toelaat dat die lewe jou kul nie! Dinge is glad nie so eenvoudig of so voorspelbaar soos dit lyk nie. Die lewe is so lief daarvoor om voordeel te trek uit ons menslike neiging om maklik te vergeet. Wanneer ons bo is, sal vinnig ons vergeet hoe kwesbaar ons sukses werklik is, maar ons is ook ewe geneig om vinnig te vergeet, wanneer die lewe ons onder kry, dat hy net so skielik kan kapituleer.

Dit is waar. So onverwags soos die lewe jou sal platskop, net so vinnig sal die lewe op sy rug val en vra jy moet sy magie vryf.

Die werklike gevaar is as jy jouself oortuig dat jy die lewe so goed ken dat jy weet wat dit sal doen. Dit laat die lewe nie toe nie. Sodra jy glo jy weet wat om te verwag, sal die lewe jou iets nuuts leer; kyk net en sien self.

Onverwags. Ongelooflik. Dit is die lewe. Hiermee kom baie vrae. Wat van sekerheid, wat van veiligheid, wat van sekuriteit. Dis alles illusie, is ek bevrees. Dit is nie die waarheid nie.

Die werklikheid is self iets wat wankel, iets wat verander, iets wat ontwikkel en groei, verlep en sterf, weer opstaan en opnuut spruit. Die lewe binne daai werklikheid is afhanklik van hierdie gedurige veranderinge. Jy het geen beheer daaroor nie.

Wat jy wel kan beheer, is jouself. Jou kan besluit hoe jy op die veranderende werklikheid sal reageer. Jy kan kies hoe jy enige verwikkeling sien en dus uiteindelik hoe jy daaroor voel. Dis hierdie krag wat jy moet inspan om jou koers binne die storms van die lewe te behou. Dit is jou vermoë om jou standpunt te herevalueer, om jou besluite te hersien, om jou geloof te bevraagteken en jou nuwe gevolgtrekkings toe te pas, wat jou in staat stel om aan te pas. Jy sal moet aanpas.

Nogtans sal die lewe jy steeds verras. Die lewe sal steeds jou verstand te bowe gaan. Dit sal jou steeds van tyd tot tyd stom slaan. Die lewe is niemand se speelmaat nie, maar dit beteken nie dat jy dit nie kan geniet nie.

Dit is reeds die ongesoekde soetheid van liefdevolle oomblikke wat die lewe so lekker maak. Dit is reeds die oorwinnings wat jy eers gedink het is onmoontlik wat die beste voel.

Die lewe hou daarvan dat jy hom moet uitdaag. Onthou net om dit respekvol te doen. Neem in ag dat jou lewe ’n gawe is, en wees dankbaar daarvoor. Maak dit die moeite werd. Lewe ’n onverwagte, ongelooflike lewe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!