No Image Caption

Ons eie mense

Thusie Gamibes
Thusie Gamibes – Raai-raai wie kuier graag by die huise van ryk en gewone mense, solank daar altyd genoeg kos en drank beskikbaar is?

Al die jare bekend as ’n ongenooide gas wat met sy hele huisgesin en vriende by jou huis kom kuier in hierdie moderne tyd. In ’n tyd waar ’n mens vir alles moet begroot omdat alles so duur geword het en inflasie die hoogte ingeskiet het.

Maar sonder enige uitnodiging of bydrae gaan hy en sy gesin, vriende en familie by jou huis kom kuier en hulself goed bederf. Meestal trek hulle soos bywoners sak en pak in om te bly of jy dit so wil hê of nie.

Nampol of city police het volgens die Namibiese Grondwet geen mandaat om hulle uit jou huis te verwyder nie, en dit sal jou hoegenaamd nie help om ’n klag te gaan lê nie.

Die ergste van alles is dat hierdie ongenooide bywoners hul verskyning maak as jou buurmense of vriende kom kuier en dan onderbreek hulle kort-kort julle geselskap. Soms is hulle ook geneig om rygeleentheid saam met jou te neem, hetsy met die skoolkinders, diegene op pad werk toe, of saam met jou in die taxi.

Haal jy jou kosbak uit, kom hulle ook saam of haal skoolboeke uit, dan is hulle ook nuuskierig om te kyk wat dit is. Jy sit en kyk televisie dan kom loer hulle om te kyk of hulle strokiesprente nog nie begin het nie. Dan is hulle natuurlik baie lief om saam met jou gaste te kuier.

Eendag vra ek die verkoopsklerk in die afdelingswinkel om my die beste medisyne te gee, toe sê hy vir my: “Daar is mevrou, maar die ding is hulle is so lieflik, as hulle daar is, is daar lewe,” ek het maar net gelag.

Gaan jy in die winkel in, dieselfde rak waar hulle medikasie is, weet die verkoopsman al reeds wat jy soek en vra: “Is dit weer hulle mevrou?”

Nou verstaan ek hoekom sommige mense nie slaapplek vir gaste wil gee nie. So soek ’n mens raad vir hulle, jy sal dit soms kry maar dit help net ’n tydjie en dan is hulle weer terug

Ongeag watter seisoen, kuier hulle nog steeds. Want hulle kom saam met hul bagasie.

Eendag sit ek in die taxi en hier kom hy of sy afgewandel. Ek gil so hard dat die “taxidriver” amper die ander kar gestamp het.

Net die getroue huisvrou sal hulle kan uitdryf. So kom ons hou maar ons plekke skoon. Bêre alles eetbaar in goed verseëlde houers en kaste dan vermy jy ongenooide gaste soos die kakkerlaknasie.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!