Ons is afhanklik van mense vir inligting
Joernaliste is afhanklik van bronne en mense vir inligting om stories te skryf. Ons sit nie agter ons rekenaars en maak stories op nie. Nee, glad nie. Mense bel ons met wenke of hulle stuur e-posse. Ons volg dit dan met die betrokke instansies op en kry bevestiging.
Vat byvoorbeeld ’n ongeluk. Iemand bel ons en vertel ons van ’n ongeluk of ons sien ’n ongeluk op sosiale media. Dit is mos deesdae die inding om alles op sosiale media te plaas.
Nou het ons die foto en geen verdere inligting nie, en die persoon wat dit op sosialemediaplatforms versprei het, is net so oningelig soos die volgende ou.
Nou moet die joernalis die polisie bel om uit te vind wat gebeur het en die polisie sal – nadat hulle self op die toneel was – die joernalis dienooreenkomstig inlig. Dit is waar dinge soms skeefloop, want die joernalis self was nie op die toneel nie en moet staatmaak op die polisie.
Die joernalis skryf wat die polisie gesê het en plaas dit in die sosiale media. Dan kom die “rekenaarvegters” wat alles weet en veroordeel die joernalis oor ’n fout wat begaan is. Joernaliste weet niks en is nie hulle sout werd nie, want hulle skryf net strooi.
Jy sien meneer en mevrou wat agter die rekenaar sit, ek as die joernalis kan nie oral wees nie en is afhanklik van die polisie of ander bronne om my in te lig en as hulle verkeerde inligting deurgee, word hulle nie geblameer nie want hulle maak mos nie foute nie.
Ons dink nie die goed uit of suig dit uit ons duime nie. Ons word deur mens ingelig en ons glo hulle omdat hulle op die toneel was of meer van die storie weet as ek wat in my kantoor sit.
Dit is dieselfde as mense op ’n Vrydagaand om die braaivleisvuur vra: “Wat het Dinsdag by die verkeerslig by Maerua Mall gebeur? Daar was baie ambulanse en die polisie was op die toneel?”
Hoe dees aarde moet ek weet en as jy my dalk gebel het toe jy daar verbygery het, kon ek oproepe gemaak en probeer uitvind het. Nou is dit bietjie laat sou ek sê.
Dit is soos my kollegas wat gister hier by my kom staan en vertel van die gewapende rooftog wat ’n uur gelede by die Eros-inkoopsentrum plaasgevind het. ’n Uur gelede by ’n inkoopsentrum 100 tree van ons kantoor af en jy kom vertel dit nou vir my en jy wil hê ek moet nou soontoe haas en die storie opvolg.
Geen probleem ek is seker die mense wat beroof is, sit en wag die hele tyd dat jy terugkruip, tee maak, ’n sigaret rook en nog bietjie tyd mors totdat jy besluit om die joernaliste van die voorval in te lig wat jy ’n uur vantevore gesien gebeur het.
Ongelukkig werk dit nie so nie. Bel my of die kantoor vanaf die toneel en ons is op pad. Ons kan nie orals wees nie en is afhanklik van die publiek om ons op hoogte te hou. En as ons nie ingelig word nie dan gaan ons nie goed uit ons duime suig nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie