Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Ons is nie jou poppies nie

Iréne-Mari van der Walt
Vroue en kinders. Vroue en kinders. Vroue en kinders – dis al wat die mense wat ministers en belangrike politici se toesprake skryf deesdae te sê het.

As jy vir ChatGPT sou vra om ’n politikus se toespraak te skryf, sou hy waarskynlik ’n lang toespraak skryf wat net oor vroue en kinders handel sonder om enigiets werklik oor vroue en kinders te sê.

So maklik soos enige persoon wat gereeld met taal werk die handewerk van ChatGPT kan uitsnuffel, dink ek nie eens die mees gesoute joernaliste wat reeds jare sit en na die emosielose, robotagtige toesprake van politici luister, sal die verskil agterkom as ChatGPT daar betrokke raak nie.

’n Politikus gooi onlangs weer in ’n toespraak die goeie ou “vroue en kinders” in – hierdie keer word vroue en kinders meer geraak deur rampe as die res. Dit kan wel waar wees, maar die persoon verduidelik nie hoekom nie. Geen rede of klaring word verskaf nie – net vroue en kinders . . . alweer.

Dit maak my sommer vies hoe politici vroue as ’n foefie gebruik om punte te werf. Ek is nie jou foefie nie, ek is nie jou toertjie nie en ek is nie jou maklike punt om te wen nie.

Daar is werklike geslagskwessies om te takel – soos elke vrou in Namibië wat haar lewe verloor het aan die hand van ’n man wat liefde aan haar beloof het.

Klein dogtertjies in ander dele van die wêreld se private dele word sonder enige verdowing in vuil agterkamers uitgesny, soms selfs net met gewone kombuismesse. Daar is regte probleme, moet nie ’n vrou se swakheid gebruik om jouself te laat beter voel nie en moet nie die geweld teenoor vroue in die wêreld gebruik as ’n manier om guns by ander te wen nie.

Hierdie koerant en die vroue wat op sy bladsye verskyn, dien as die toonbeeld van vroue se krag. Elke vrou in die land wat soggens douvoordag opstaan om vetkoekies te bak sodat sy darem ’n paar dollar kan maak vir haar en haar kroos.

Die vroue wat pasta en souse maak want hulle moes aan ’n manier dink om die pot aan die kook te hou. Daar is vroue wat vuur blaas, vroue wat paaldans en vroue wat houe slaan – dit alles sonder om ’n nael te breek.

Daar is vroue wat elke dag met kamera’s op hul nekke die wêreld invaar om die publiek oor die dag se nuusgebeure in te lig, ongeag die gevare waarin die joernaliste hulle kan bevind en of dit reën, hael, of sneeu.

Of die vroue wat met pyn in hul gewrigte en siektes dit regkry om ander se lewens op te helder.

Vrouwees word nie eksklusief aan kwesbaar, sag of om breekbaar te wees, verbind nie,

Ons is nie die porseleinpoppies wat jou ouma op die hoë rakke in haar huis weggesteek het nie, daar waar die klein handjies tog nie die brose poppies kon bykom nie, want o wee, wat as dit breek.

Vrouwees, in meeste gevalle, is om te weet wat dit is om te breek en jou stukkies porselein weer aanmekaar te sit sonder om hulp te vra. Ons is nie jou “simpatiepunte” nie.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!