Iréne-Mari van der Walt
Iréne-Mari van der Walt

Ons móét glo ly

Iréne-Mari van der Walt
Ons móét glo ly

Nuwejaarsvoorneme. Ja, dit is amper weer sulke tyd en oor minder as ’n jaar begin ons elke dag draf net om ons belofte(s) teenoor onsself na te kom.

Helaas sal die meerderheid van ons seker op dieselfde trant 2025 ingaan – net soos ons 2024 verwelkom het.

Die probleem is dat ons Nuwejaarsvoorneme op ’n skoon vel papier geskryf word, so asof daardie vel skoon gaan bly. Maar ongelukkig kan ons nie die toekoms voorspel nie.

Dit is hiér waar ons voorneme gewoonlik tot stilstand ruk. Jy belowe jouself om elke dag te gaan draf. Dan gebeur die lewe. Jy moet een aand laat werk en daarmee saam vlieg jou roetine én voorneme by die venster uit.

Om werklik verandering te bring, sal óns moet verander – soos die Engelse sê: “Nothing changes unless you do.”

Soos die jaar verbyvlieg, wens ek jou die moed toe om dit wat jou pad kruis, met grasie te kan hanteer.

Marcus Aurelius skryf in Meditations ons moet nie uitdagings as hindernisse beskou nie, maar moet eerder aanvaar dat dinge in die lewe gebeur. Ons moet dit as ’n eer beskou dat ons die kans het om ons karakter te beproef in die aangesig van ons uitdagings.

Enige man wat sy sout werd is, het volgens Aurelius ook sy uitdagings beleef en met elke uitdaging wat ons aanpak, moet ons bly wees omdat dit ’n kans is om ons staal te wys.

As ons veerkragtigheid nie in dié proses ongeskonde bly nie, kan ons dan identifiseer waar ons goeie karakter die pad byster geraak het. Dan probeer jy maar net volgende keer weer.

Aurelius meen uitdagings is God-gegewe en karakter mensgemaak. Daarom, verduidelik hy, moet ons dankseggingsgebede opsê wanneer moeilike situasies oor ons pad kom.

Aurelius mag dalk hierdie gedagte tot die uiterste neem wanneer hy sê jy moet selfs bly wees as jou kind dodelik siek is, want dit vorm jou karakter. Ek weet nie van jou nie, maar daar trek ek die streep.

Marcus Aurelius was steeds die Romeinse keiser in ’n tyd toe die Romeinse Ryk skynbaar op sy magtigste was – dit sou hom so na aan die titel van koning van die wêreld bring as wat enige mens nog ooit was.

Hierin is die antwoord tot die balans in Aurelius se filosofie dalk verskuil – om jou lyding te kies.

Aurelius skryf hy wou as jong seun eerder op planke slaap as die gemaklike bed wat sy koninklike afkoms aan hom gebied het. Hy moes ’n kompromie met sy ma aangaan om dierevelle oor die planke te gooi. Ek dink baie van ons sou graag wou hê dat die kompromieë in ons lewens dit vir ons makliker sou maak, maar ek dink die meeste van ons is aan die verkeerde kant van die burokrasie.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!