Ons mis ons mense
Van Windhoek tot Uithoek
Ten spyte van die foto’s en die indruk van ’n lewe vol avontuur en opwinding, is dit nie altyd maanskyn en rose om in die buiteland te woon nie
Mens mis uit op belangrike oomblikke terug by die huis en die groot oomblikke aan jou kant is gewoonlik eensaam.
My gesin het onlangs ’n vierpoot-gesinslid verloor. ’n Hond wat die afgelope 15 jaar deel van ons gesin was. Ek onthou soos gister hoe ek as 11-jarige meisie saam met die swart-en-wit-skaaphondjie ons huis in Meersig se jaart vol gehardloop het. As tiener was ons oefenmaats op Vegkop. As PUK-student was sy deel van elke vakansie by die huis. Desembermaande het sy Hentiesbaai se strand platgehardloop.
Haar laaste dae was hemel op aarde op ’n plot met ’n groot groen grasperk saam met haar eienaar wat afgetree is en heeldag aan haar sy was.
Haar plekkie langs my pa se stoel sal nou vir altyd leeg wees.
My laaste totsiens was met die wete dat die dae min was, maar ek was nie die dag daar om vir oulaas te groet nie. Gelukkig gaan alle honde hemel toe en sien ek haar hopelik eendag weer.
Lewe in die buiteland raak soms eensaam. Verjaardae, Paastyd en lekker Namibiese langnaweke.
Ek gesels elke week met Namibiërs wat in die buiteland woon. Ons almal verlang beslis na ons mooie land en al sy mense.
Wanneer ek vir mense vra wat hulle die meeste van Namibië mis, is biltong natuurlik altyd bo op die lys, maar ons mis beslis ons mense die meeste.
Die samesyn van familie om die etenstafel. Ma en susters wat met ’n glasie wyn in die kombuis skinder. Pappa, broers en die manne om die braaivleisvuur. Broers- en susterskinders wat by die dag groter word.
Ma se drukkies. Pa se koffie-geselsies.
Ons mis ons mense.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie