No Image Caption

Ons taal

Eenvrouvertoning
Sanet Pearson
Hallo Ma

Op 18 November bring Windhoek Woordfees die verhoogstuk Spertyd op die planke. Dit is gegrond op Elsa Joubert se outobiografiese roman wat handel oor die laaste gedeelte van haar lewe. Dié eenvrouvertoning word deur Sandra Prinsloo vertolk. Ek wens Ma kon dit saam met my beleef.

Louise Viljoen wys in haar resensie daarop dat die woord spertyd verskillende betekenisse kan hê. Enersyds dui dit op ’n sekere afsnypunt waarop ’n taak voltooi moet word – ’n deadline.

In Joubert se boek sou die dood so ’n finale sperdatum impliseer. Maar sper dra ook die betekenis van wyd ooprek, wanneer die oë byvoorbeeld oopgesper word om sekere dinge te sien, dalk vanuit ’n ander perspektief. Albei betekenisse dui op ’n tipe ongemak.

Met die ouderdom kom verlies. Óf jou lewensmaat, óf jou gesondheid. Of ’n lam been of ’n beskadigde kop, ’n kop wat soos ’n gieter met lekplekke is” (154). Boonop het jy ook jou plek in die hoofstroom verloor, en word ’n tipe randfiguur.

Resensent, Chris van der Merwe merk op dat hierdie boek van Joubert radikaal verskil van Karel Schoeman se Slot van die dag wat oor dieselfde tema gaan. Waar Schoeman se lewe in eensaamheid geëindig het met die internet as sy enigste geselskap wat hom gestimuleer het, het Joubert probeer wegbeweeg van die verlede en die verliese, en die hede aanvaar en uitgereik na vriendskap. Sy het bowenal bewus geword van ’n mistieke en suiwerende Krag wat die verskrikking en angs uit die dood wegneem, en dink só daaroor: “Elke sekonde van my lewe is die Krag by my. En as ek sterf, sal ek net dieper daarin glip” (192).

Ma, ek wil glo dat dit só vir Ma was.

Baai my Ma.

Jou bang-gatklimmeit

Chrisna Beuke-Muir

Afgetrede dosent

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!