Ons taal
Vier generasies
Hallo Ma
Kon Ma die gedreun Saterdagaand hoor daar waar Ma woon? Hier in Windhoek het Vegkop vibreer van Spoegwolf se musiek en die skare se gejil en saamsing. Ma, dis die eerste keer dat ek ’n rock-konsert bywoon – wat nog te sê, help organiseer! En ek glo dit was ’n eerste vir Windhoek – soos wat ek uit die terugvoer kan aflei. Tweeduisend siele op die rugbyveld!
Ma, toe ons twee jong kollegas op die Windhoek Woordfees-komitee aan die begin van die jaar voorstel dat ons vanjaar ook ’n rock-konsert moes hou, het “ons met meer ervaring” (lees “dié wat ’n geslag ouer is”) sterk getwyfel of ons die risiko moes loop. Die vier jong manne van Spoegwolf gaan ons per slot van rekening ’n piepiepot vol geld kos! Sal ons dit máák? En dan is dit mos ook totaal nie ons soort ding nie.
Of so het ons gedink – nege maande terug. Want Ma, ons, die generasie waarna kundiges soos Jurian van den Heever as die Baby Boomers verwys (gebore tussen 1944 en 1964, ná die Tweede Wêreldoorlog), is veronderstel om rock-konserte as ’n lawaai te ervaar. Meer vanselfsprekend (en op ’n natuurliker wyse) is generasie X, Y en Z, respektiewelik gebore tussen 1965 en 1979, 1980 en 1994, en 1995 en 2019, aanhangers van rock-konserte.
Ma, Saterdagaand was al vier die generasies op Vegkop bymekaar (en ook ’n volgende generasie-nog-sonder-naam in baarmoeders). En almal (ek is onseker oor die ongeborenes) het dit ontsettend geniet. Selfs ek en manlief (en die ander oumas en oupas) het van tyd tot tyd tussen die skare in die tent gaan indruk om die vreugdegolwe te beleef. Die middelste twee generasies ken die woorde van die Spoegwolf-songs en sing hartlik saam, en generasie Z gaap hulle generasie X- en Y-ouers oop-bek aan omdat hulle hulself só durf te geniet.
Ek wens Ma was daar. . . Nee. Ek dink tog Ma is beter af daar waar Ma nou is.
Baai my Ma
Chrisna Beuke-Muir

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie