No Image Caption

Ons taal

PVATN-week
Volgende week is ’n groot week vir Afrikaans in Namibië.

Die Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig (PVATN – ja, ’n kneukel van ’n akroniem!) hou Donderdag en Vrydag (2 en 3 Maart) sy jaarlikse nasionale kongres. Hierdie kongres bring Afrikaansonderwysers in alle fases van dwarsoor Namibië saam om te besin oor alle aspekte van die vak Afrikaans, veral die onderrig en assessering daarvan.

Tot soveel as 250 onderwysers van staat- en private skole kom by hierdie semi-feestelike geleentheid byeen, en die terugvoering is gewoonlik dat hulle met nuwe ywer en kennis na hulle skole terugkeer om die res van die jaar aan te pak. Dis gewoonlik die skole wat hulle onderwysers se kongresfooi en reis- en akkommodasiekostes dra, waarvoor ons dankbaar moet wees en is.

In sommige onderwysstreke spring ook die staat se onderwyskantore in om vir onderwysers met die kongresfooie, reis en verblyf by te staan. Hieruit word dit duidelik dat die PVATN oor die afgelope twee dekades van sy bestaan sonder twyfel waarde tot die onderrig van Afrikaans gevoeg het. Daar bly egter baie werk om te doen.

Volgende week sal ook histories wees vir Afrikaans in Namibië, want vir die eerste maal sal met belanghebbendes gesprek gevoer word oor die (her)standaardisering van Afrikaans in Namibië, by ’n paneelbespreking wat Woensdag (1 Maart) plaasvind danksy die ondersteuning van die PVATN.

Dr. Gerda Odendaal, voorsitter van PANSAT se Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans in SA, sal as gasspreker by beide geleenthede optree. Afrikaans stap voorwaarts in 2023!

Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!