No Image Caption

Ons taal

Verby en by 2
Dink solank, want hierdie verby gaan weer verbykom. Dit was die slotwoorde van my vorige “Ons Taal”. Natuurlik was die woord verby onder die vergrootglas.

Ons het na verby gekyk deur die lens van ’n by wat vlieg. Een by het gezoem-verby. Van Wyk Louw se bruin by uit Suiwer Wiskunde het doodstil bly hang:

Suiwer Wiskunde

Die uurwerk kantel. En die ligbruin by

hang roerloos voor die blom wat nooit bevrug

word, nooit sal saadskiet, welk, en nooit verby

hierdie verstarde uur sal groei. Die lug

het stil soos ys gaan staan, so wit en blou.

Die brander wat wou oorbuig, val, en skuim,

bly in sy ligte sirkels vasgehou

en moet sy see ’n ewigheid versuim.

Hier wonder Louw wat gebeur as die by stol – die uurwerk kantel; tyd en die horlosie doodstil gaan staan. As verby in plaas van verbygaan, vir altyd bly? Baie dikwels is dit hoe ons graag met verby wil leef. Ons wil hê situasies moet vir altyd bly soos dit nou is. Of dit moet weer word soos dit was, omdat dit goed en reg is.

Louw se “Suiwer Wiskunde” keer dat die tyd verweer – soos Laurika se foto.

Maar eintlik demonstreer die gedig vir ons, dat tyd wat stol, die verby wat altyd bly, kreatiwiteit en groei en skoonheid soos ’n foto vasvang. Soos branders wat nooit breek nie.

Nou kan ek my nie voorstel dat boere tevrede sal wees met gewasse waar bye vir ewig hang nie. En niemand gaan Henties of Swakop geniet as branders weier om te breek nie. Die by moet dalk liewer verby zoem en tyd bly verby vloei.

Dr. Nicoline Woest

Vakgroep Afrikaans

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!