ons taal
ons taal

Ons taal

Ek, ChatGPT, is vir jou gemaak. . .
Sanet Pearson
Die beeld van drie kaalkoppe wat tesame eet of ‘n man met ‘n onbeweeglike swaar been is in enige Afrikaanse letterkundestudent se geheue afgeëts. Jan Rabie het die kortverhaalgenre in Afrikaans vir ewig verander met sy bundel 21 in 1956. Hierin help skryf hy ook die genre wetenskapfiksie in Afrikaans oop met die kortverhaal “Ek het jou gemaak”: Ingenieur Jacobs skep as plaasvervanger vir sy vrou, ‘n robot na se ewebeeld “sodat [hy] vir [die robot] kan lag”. Die rimpels van 21 kring steeds vandag uit.

Een van dié rimpels klots aanwal in Carien Smith se debuutbundel Bot (2022) met die verhaal “Ek is vir jou gemaak”. Hierdie titel verklap reeds die reuse sprong wat tegnologie in 70 jaar geneem het: Die robot is nou die selfbewuste intelligente subjek en die mens, voorheen die skepper, is nou net die afhanklike invalide gebruiker van tegnologie wat deur “iemand” geskep is.

Ironies genoeg, wou ek, wetenskapfiksie-entoesias, my kop soos ‘n volstruis in die grond druk toe die kunsmatige intelligensie(KI) uit die wetenskapfiksie sy debuut in die werklikheid maak in die gedaante van ChatGPT.

Ek het altyd gedink dat die mens se kreatiewe vermoë hom sal onderskei, maar nie net was dit die eerste aspek wat ChatGPT oorgeneem het nie, dit het sy “ewebeeld” oortref in die spoed waarteen dit kan skep: Kinderboeke, grafiese ontwerpe, foto’s, opstelle, navorsing... Die skokkende realiteit is dat die mens al minder die skeppende “ingenieur” sal wees en al meer die KI-afhanklike invalide soos in Smith se verhaal.

Gaan die mens die een wees wat laaste lag vir sy skepsel? Of het ons hiermee wel soos in bekende wetenskapfiksieverhale (bv. Matrix en Terminator) nou ons eie ondergang geskep? ‘n Absurde selfmoord gebore uit die huwelik tussen mens en robot. Rabie (baanbreker én siener?) sluit nie verniet sy verhaal af met ingenieur Jacobs se laaste woorde voordat sy “bruid” hom dooddruk nie:

“Ek het jou mos self gemaak”.

Annika van der Linde

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!