o
o

Ons taal

Jy moet!
Sanet Pearson
“MOET” is ’n baie interessante woord in Afrikaans. Die HAT gebruik die woord “dwang” of “dwing” om te verduidelik hoe moet in die taal en daarmee ook in die lewe werk.

In ons familie, via my Suidwesskoonvader, is ’n geliefde uitdrukking of eerder retoriese vraag: “Wie het daardie MOET gemaak?” Ek het nog altyd gedink dit is ’n baie wyse vraag.

’n Baie knap sielkundige en hipnoterapeut in die Kaap, James de Villiers, gebruik in van sy hipnose-sessies graag die uitdrukking: “Jy MOET niks nie! Jy kan anders!”

Daaruit leer ons dat sodra iets gedwonge word – ’n MOET – is ons vas, word ons lewe van buite onsself beheer, gemanipuleer. Ons verloor die vryheid van keuse. Ons lê onsself deur moet swaar laste op. Ons kry rede om ons te bekommer. Dit wek dalk opstand in ons.

MOET laat ons meestal swaarkry. As ons MOET, is ons nie meer vry nie. Daarom lê daar vir my groot wysheid daarin, om liewer ook vir myself te sê oor opdragte wat uitgevoer moet word, dat ek dit eintlik wil doen. Ek het ’n keuse. Ek kan heel anders doen as ek wil, maar ek kies tog om hierdie opdrag uit te voer, omdat dit vir my en almal rondom my goed en tot voordeel is. Ek doen dit nie omdat ek MOET nie, maar omdat dit sinvol is.

Tereg het niemand anders die MOET gemaak nie, maar kies ek dit wat sinvol en medemenslik is, want ek is vry om die goeie te kies.

Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!