No Image Caption

Ons taal

Die nimlike Jan Spies
Sanet Pearson
As iemand my sou vra: “Nou wie is die grootste en bekendste Afrikaanse Taallegende uit Namibiese bodem?” sou ek nie twee keer dink nie. Ek sou asemloos en met diep waardering antwoord: “Die enigste en seldsame nimlike hy – Jan Spies!”

In Republikein woord ons steeds in die soetste taal – Afrikaans. En waar kom die middeljarige koerantjie vandaan? Slimme dr. Jan Spies het rustig klasgegee in ’n Transvaalse universiteit toe Dirk Mudge hom nader wink. En natuurlik sê die boorling van hierdie land hy kom. So word Jan Spies die stigtersredakteur van die Republikein.

Dit was natuurlik die tyd voor ons haastige digitale era en drukkuns. Onse Jan – nie Jan Hofmeyr nie – maar onse eie nimlike Jan Spies moes sorg dat koerante uitgelê en betyds drukgereed is.

Intussen Monitor hy soggens stories op die Suid-Afrikaanse radio en Spies en Plessis hy vir die SAUK. Maar skryf, skryf hy in ons Republikein. Op sy plaas Sekretarispan, worstel hy saam met skaap en droogte en donderweer.

En êrens in droogteland van natuurprag, woon Jan se nasaat, Barend Spies, sy seun. Vir die volgende klompie Vrydae vermaak en lig Barend ons in op K7 se Woordspoorprogram net na een oor onse nimlike Jan Spies.

“Nimlik” soos Boerneef se Nimlike Dirk Ligter, is die presiese, die einste, die eintlike Jan Spies. Maar vir my klink dit ook baie soos die beminlike Jan Spies.

Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!