ons taal
ons taal

Ons taal

ProVARIA
Sanet Pearson
’n Rukkie gelede het ’n groep taalkundiges verbonde aan die departemente Afrikaans aan Suid-Afrikaanse universiteite by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Stellenbosch vergader om oor ’n nuwe, omvattende navorsingsprojek te besin.

Die projek se naam is ProVARIA, en die doel is om oor die volgende twintig jaar die volledige versameling variëteite van Afrikaans op te teken en taalkundig te beskryf.

Prof. Wannie Carstens, professor emeritus in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit en bekende taalkundige, staan aan die stuur van hierdie ambisieuse projek. Tydens die eerste vergadering is ooreengekom dat die beskrywing van alle variëteite binne een raamwerk gedoen behoort te word.

Die ontwikkeling van hierdie raamwerk is tans aan die gang, en sodra dit afgehandel is, sal die eintlike werk begin. Die projek behoort ruimte te bied vir ’n hele aantal meesters- en doktorale studies in die sosiolinguistiek.

In Namibië is nog nie baie navorsing oor die variëteite van Afrikaans gedoen nie, en die navorsing wat wel bestaan, is redelik verouderd. Hoewel akademici van die Universiteit van Namibië (Unam) nie by die vergadering in Stellenbosch teenwoordig kon wees nie, word Namibië by die projek ingesluit en is Unam een van die vennote.

Volgens dr. Phillip Louw, hoofredakteur en hoof uitvoerende beampte by die Buro van die WAT, is dit ondenkbaar dat Namibië nié by so ’n projek betrek word nie. Daar lê opwindende werk voor!

Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!