No Image Caption

Ons taal

Houtgerus
Sanet Pearson
Almal van ons was seker al onkant betrap toe ons houtgerus was. Of as ons self nie die geruste een was nie, was ons dalk die een wat voorsien het dat daar moeilikheid in aantog is terwyl ons sien hoe iemand anders ewe houtgerus is. Ek soek die woord “houtgerus”, want een van ons lesers wil weet waar dié sêding se oorsprong lê. . . Kom hier, Etimologiewoordeboek van Afrikaans. Ja, daarsy! Houtgerus kom van houtpopgerus. Interessant! Ek sien die prentjie in my kop. Nou blaai deur Deel IV van die WAT. Hierdie deel van Die Afrikaanse Woordeboek het reeds in 1972 verskyn. Dalk was houtpoppe toe meer algemeen as deesdae. Houtpopgerus se een voorbeeldsin kom uit die destydse Huisgenoot: “Hier sit ek vir jou en wag en my dood te bekommer. . . en hier kom jy houtpopgerus aan.” Daar is verskillende redes hoekom ons kan sê dat iemand soos ’n houtpop is. Dit kan wees omdat hy geen belangstelling toon nie, omdat hy ongeërg is, omdat hy hom iets nie aantrek nie, omdat hy nie deelneem aan die geselskap nie, omdat hy stroef is of selfs omdat hy stoksielalleen is. Ek sien daar ook die bypassende byvoeglike naamwoord met twee voorbeeldsinne: “Moenie jou so houtpopperig gedra nie” en “Maar nou is die vrou allermins dooierig of houtpopperig.” Dit laat my onwillekeurig onhoutpopperig glimlag.

Petronella F Genis

[email protected]

Facebook: Woordspoor

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!