Ons taal
Pers
As ek sê, pers, waaraan dink jy?
Dit sou interessant wees om die verskillende antwoorde van die lesers te hoor! HAT gee vyf lemmas vir pers. Lemmas verwys na die verskillende donkergedrukte woorde in die woordeboek. By elke lemma verskyn ’n ander verduideliking. Hoe taalvernuftig is jy? Kan jy aan meer as vyf betekenisse vir pers dink?
Die laaste twee betekenisse is die onwaarskynlikstes waaraan jy sou dink. By die laaste lemma verskyn Pers. met ’n hoofletter en ’n punt - die afkorting van die oorsprongland van daardie vet vetstertskape wat sulke lekker wildsdroëwors maak: Persië of as b. nw. – Persies. Die persoon wat van Persië afkomstig is, is ’n Pers sonder die punt. Net bokant verskyn presies dieselfde pers. sonder die hoofletter. Perse verander in die afkorting vir persoon of persoonlik.
Die eerste lemma verwys natuurlik na die perswese of media – met verskillende betekenisnuanses: die masjien waarmee koerante, tydskrifte of boeke gedruk word; die maatskappy wat hom hiermee besig hou. Die vraag: “Kan ’n mens vertrou wat jy in die pers lees?” praat van al die gedrukte produkte soos koerante of tydskrifte. En soms pers ons lusern saam of enige iets anders. Die vrou kan haar lippe saampers terwyl sy kners op haar tande omdat sy nie van die heerlike Persievet mag eet nie!
Die heel wonderlikste pers dié tyd van die jaar, is vir my die jakarandapers wat Windhoek se strate lentevrolik inkleur. Viva pers jakarandas!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie