Ons taal
Vrye teuels
Gee my tog vandag vrye teuels om na willekeur te skryf oor ’n rits idiome wat afkomstig is uit boerderybedrywighede.
’n Mens se eie geaardheid en manier van handel bepaal mos hoe jou besittings lyk, hetsy netjies of slordig (of soos party mense selfs meer beskrywend sê: slodderig) en die idioom wat daardie waarheid verwoord is die baas maak die plaas. Wanneer ons nuuskierig is oor iets, agter die kap van die byl wil kom, ofte wel die geheim probeer agterkom, kan ons die boer sy kuns afvra. Maar soms sal daardie gedrag nie goedkeuring wegdra nie, en selfs as hans beskou word, julle weet, soos ’n hanskalf wat met die hand grootgemaak is en daarom nie sy plek ken nie. Daardie tipe gedrag kan dalk daartoe lei dat die hans ene bloots gery word, met ander woorde iets of iemand kan vir Hansie swaar laat leef. Soms sien ons dat ’n man ’n meisie vir ’n handperd aanhou, jy weet, net gerieflikheidshalwe aan ’n lyntjie hou, maar nie ernstig is om tot trou te kom nie. Die meisie moet mos darem self besluit of sy dit wil aanhou duld, en indien wel, kan van haar gesê word, as sy ’n blinde skaap wil wees, laat sy haar kop stamp. Hierdie idioom het ontstaan na aanleiding van blindesiekte wat onder skape voorkom. So gepraat van siekte onder skape, die spreekwoord een brandsiek skaap steek die hele trop aan, is ’n goeie alternatief vir die storie van die een vrot appel. Maar dit gaan darem nie altyd sleg met skape nie. Wanneer ons sê sy skapies is op die droë, beteken dit dat hy so welgesteld is, dat hy nie eens sy ryp graan hoef te oes nie, hy jaag sommer net sy skape daarin.
Petronella F Genis
[email protected]
Facebook: Woordspoor
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie