Ons taal
Meule
In Namibië is groot meule minder bekend as klein meultjies.
’n Meul maal. Ons maal dikwels voer in die hamermeul. Dalk vleis vir maalvleis of wors. In hierdie land sou ons swaarkry sonder al die soorte meule wat daagliks op plase gebruik word.
Die woord hamermeul – waarom het hamer net een m? Die a-klank is eintlik ’n lang klank. Lang vokale of klinkers word aangedui deur die gebruik van slegs een konsonant – m in die geval. En natuurlik eindig die eerste lettergreep op die lang aa-klank.
’n Meulewoord wat in die kinderwêreld hoort, is mallemeule. Wat sou dan die verskil wees as ons aan mallemeule se dubbel-l peuter? Wat is die verskil tussen malemeule en mallemeule? Wel, daar is nie ’n malemeule nie. As daar was, sou die meule ook gemaal het – beslis minder prettig, selfs al lyk dit of dit in die rondte maal. Maar mallemeule kry sy naam eerder van die vrolike malligheid wat kinders – en soms ook grootmense – op die draaiende pretmeul beleef. Dit is ’n malle, vrolik gedraai eerder as gemaal.
Die tyd van die jaar hardloop ons volspoed in die rotteresies. Dit roep altyd by my die prentjie op van die muis wat al in die rondte in sy wieletjie of wielmeul hardloop – net mooi al in die rondte nêrens heen nie. Soms al vinniger, dat die wieletjie net bly maal en draai.
Nee, laat ons liewer soos kinders op die pretmallemeule klim op ons perdjies wat op en af gaan, terwyl die mallemeule stadig draai, ons alles om ons rustig bekyk!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie