Ons taal
Die pampoen kan ook ’n koets wees
“Hoe kan ’n mens lief wees vir ’n taal?” So lui ’n vraag by vanjaar se ALV-kongres met die oog op verdagmakery – dat daar agter hierdie liefde vir Afrikaans, eintlik sinistere nasionalistiese agendas skuil. Liefde vir ’n taal het egter niks te doen met politiek nie. Dit is nie iets wat jy self kies nie. Dis net daar.
Soms voel dit of Afrikaans ’n voëlentsaadjie is wat aan my kom vaskleef het sonder dat ek ’n sê daarin gehad het. Dit het sy wortels diep in my siel en my lewe ingeslaan. Dit is egter ’n simbiotiese verhouding al laat dit my soms met vrees vir verlies in die toekoms. Maar dit is wat liefde is, nie waar nie?
Soms bring dit innerlike konflik, want soos sommige aanvoer, kan die keuse vir moedertaalonderrig in Afrikaans die teenoorgestelde van diversiteit beteken. Vir my as ouer wat moet besluit watter geleenthede ek my kind gaan bied om ’n volronde, oopkop en openhartige mensie te word, is die keuse van skole dus kompleks.
Midde in hierdie worsteling verskyn Gretta Gaspar van die Nasionale Raad vir Kunste van Namibië hierdie week soos die goeie fee en wys my dat ’n pampoen ook ’n koets kan wees – dit is ons verantwoordelikheid om die diversiteit wat Afrikaans bied, te ontsluit en ontgin. Dis nie Afrikaans wat steeds sukkel om divers te wees nie, dit is ons. Afrikaans is divers en ek is nie die enigste een wat lief is vir die taal nie, al voel dit soms so.
Gretta sê sy het haar kind by WAP ingeskryf, selfs al is sy self net “straat-Afrikaans” magtig. Sy wil haar aktief beywer vir Afrikaans wat volgens haar ’n regmatige plek in hierdie land het, ’n plek wat dit nog nie vol staan nie. ’n Keuse vir Afrikaans is nie ’n keuse teen diversiteit nie, maar ’n geleentheid om die bestaande persepsies te verander en ’n positiewe impak in ons samelewing te maak. Dankie, Gretta vir die hoop en die inspirasie wat jy my gee, dalk kan ons ’n verskil maak in hierdie land – mét Afrikaans.
Annika van der Linde
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie