Ons taal
Woordkrag
Die gesindheid van ons hart kom lê helder in ons woorde. En ons woorde het krag, skeppingskrag. Hieroor moet ons fyn, lank en veral gedurig dink.
Watter woord, as jy dit sê, DOEN die teenoorgestelde van wat jy sê? Natuurlik die woord “STILTE”. As jy die woord sê, is die stilte verby, gebreek. Nie net “stilte” het groot krag nie, maar eintlik elke woord wat ons sê.
Ons kan nie woorde sien wanneer ons dit praat nie. Dalk is dit soos daardie bloublits wat onsigbaar selfone en rekenaars oral deur die eter verbind. Tog maak bloublits vir ons kanale en data oop.
Woorde skep elke keer wat ons dit pratend gebruik, iets wat nie voor ons woorde bestaan het nie. Dink maar aan die atmosfeer wat totaal verander as jy jou kind of veral jou vrou of man pryswoorde toevoeg wat hulle nie verwag het nie. Die slegter kant is die humeurige woorde wat jy gebruik om iemand reg te sê of op sy plek te sit. Dit skep ’n minder aangename atmosfeer. Het jy al gehoor iemand sê die atmosfeer in daardie werkplek is toksies? Dis soos gif wat deur jou asem en vel inkom en dit sypel deur in die woorde van afkeer en woede.
As ons graag in vrede en met vreugde wil leef, help dit as ons versigtig met woorde omgaan; ons tong te bewaak en nie met ons woorde skep wat ook ons vergiftig nie.
Wie sy tong bewaar, bewaar sy lewe.
Ons woorde, net soos God se woorde, het skeppingskrag – is kragtiger as wat ons dink.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie