Ons taal
Fanie
Vir dae lank bly roei en stoei
ek durend met jou:
Jy moet net om die draai bly. . .
en mag gaan visvang
gholfspeel, jag, vleiswerk. . .
sonder dat ek jou bietjie reis weet
maar nou het jy te ver gegaan!
Weggereis en weet ons
jy kom nie terug om
net om die draai te bly nie. . .
Waar jy moes kom plavei
is dit net rou rooigrond –
rou aarde waarin jy oulaas afreis
– tot ewige vrederus –
omdat jy onbereikbaar ver opgereis het.
Ek kyk na die skakelaarraampies in my kombuis
wat jy spierwit geverf het
vir my mooi agtergelaat het
in die teëls waarmee jy
my kombuismure mooigemaak het
die tafeltjie waarop Jan se kers elke dag brand
kunstig geteëlversier –
jóú handewerk
en die kraan buite lek steeds nie meer nie. . .
Ek loop oor my gras
en met ontroerde dankbare hart
bly hoor ek jou:
"Ek wil nie voorbarig wees nie,
maar kan ek môre jou gras vir jou kom sny. . .?
. . .en nou sal jy nooit-ooit weer
"môre my gras híér kom sny nie”
want jy het vertrek
en bly nie meer om die draai nie
En tog bly jy nou orals –
bly jy sonder om ooit weer weg te reis
altyd hier.
Jou doen en wees
ingeskryf in ons harte. . .
en naby Alta
sal jy gedurig in haar praat en sê
"Geliefde, dit gaan baie goed met my en Alma"
[Fanie van Zyl – in memoriam]
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
ek durend met jou:
Jy moet net om die draai bly. . .
en mag gaan visvang
gholfspeel, jag, vleiswerk. . .
sonder dat ek jou bietjie reis weet
maar nou het jy te ver gegaan!
Weggereis en weet ons
jy kom nie terug om
net om die draai te bly nie. . .
Waar jy moes kom plavei
is dit net rou rooigrond –
rou aarde waarin jy oulaas afreis
– tot ewige vrederus –
omdat jy onbereikbaar ver opgereis het.
Ek kyk na die skakelaarraampies in my kombuis
wat jy spierwit geverf het
vir my mooi agtergelaat het
in die teëls waarmee jy
my kombuismure mooigemaak het
die tafeltjie waarop Jan se kers elke dag brand
kunstig geteëlversier –
jóú handewerk
en die kraan buite lek steeds nie meer nie. . .
Ek loop oor my gras
en met ontroerde dankbare hart
bly hoor ek jou:
"Ek wil nie voorbarig wees nie,
maar kan ek môre jou gras vir jou kom sny. . .?
. . .en nou sal jy nooit-ooit weer
"môre my gras híér kom sny nie”
want jy het vertrek
en bly nie meer om die draai nie
En tog bly jy nou orals –
bly jy sonder om ooit weer weg te reis
altyd hier.
Jou doen en wees
ingeskryf in ons harte. . .
en naby Alta
sal jy gedurig in haar praat en sê
"Geliefde, dit gaan baie goed met my en Alma"
[Fanie van Zyl – in memoriam]
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie