Ons taal
Versprei jy eintlik fopnuus of vier jy werklik ’n vreemde verskynsel?
Betree jy sosiale media op enige gegewe dag, word jy gebombardeer met ’n legio plasings oor die een of ander Wêrelddag of Internasionale dag oor letterlik enigiets wat kwansuis tans gevier word.
Vandag, 7 Junie, is (volgens Google) Wêreld-Kosveiligheidsdag, “June Bug”-dag, Wêreld-Omgee-dag, Nasionale Olieboldag (donut), Nasionale Sjokoladeroomysdag EN Nasionale VCR-dag (videomasjiene) – diegene van ons wat moes sien kom klaar sonder stromingsdienste soos Netflix, Showmax en diesulkes is natuurlik goed vertroud met laasgenoemde.
Die doel van Wêreld-Kosveiligheidsdag is om vandag daaraan te wy om seker te maak die kos op ons tafels is veilig vir verbruik, terwyl “June Bug”-dag daarop gemik is om ons te herinner watter belangrike rol dié goggas (kewers) in biodiversiteit speel.
Aangesien daar so ’n groot verskeidenheid Wêrelddae is, neem enige lukrake (random) persoon op sosiale media dit té dikwels op hom- of haarself om sommer self ’n dag te “skep”. Dié optrede is egter nie kreatief nie – jy maak jouself skuldig aan die verspreiding van fopnuus.
Fopnuus word gedefinieer as: nuus wat versprei word met die doel om lesers/gebruikers te mislei. Ek wil egter saamstem met taalkundige Sophia Kapp en sê dat ander gepaste sinonieme hiervoor “rommelnuus”, “warnuus”, “gifnuus” of “vreemdemenseskryfhierdiesoorttwaknuus” is.
Trek dus liefs vandag jou omgee-baadjie aan en bederf eerder ’n geliefde of selfs kollega met ’n smullekker oliebol of trotseer selfs die koue deur sjokoladeroomys te nuttig – as om uit verveling die verspreider van vals nuus te wees.
Elzeth Harmse
Afrikaansonderwyseres
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie