Ons taal
‘Toe die wêreld nog jonk was’
As die winter so koud toeslaan, is dit tyd om voor die kaggelvuur te sit en lag, grap, stories vertel, te pret en te onthou. . .
Wie onthou A.G. Visser se gedig oor Metusalem? Die titel natuurlik: “Toe die wêreld nog jonk was”!
En dan die immer gewilde vers met die vreeslike naam: “Vet”! Of ook “In die Katkisasie-klas”. A.G. Visser op sy humoristiese beste! Dis kaggelvoorleesverse. Buiten die vlamme, maak die lag lekker warm.
Kort anderkant Jerusalem
Daar het gewoon Metusalem,
Die man wat hul – dit sal jy sien
Vermenigvuldig het by tien!
Hy was g’n vier jaar in die land
Toe kry hy al sy eerste tand;
By tien jaar kruip hy al oral rond,
’n Flinke knapie en gesond:
Toe rol hy al, val en woel
En staan op teen elke stoel.
Nog skaars was hy ’n jaar of elf
Toe stap klein Lemmie al vanself.
So groei hy tot op sestig jaar:
Die eerste wisseltand was daar;
En volgens landswet ry “oom Kool”
Op ou Behémot na die skool,
Sy vaders trots, sy moeders vreugd’
Met Step by Step en Trap der Jeugd
In Hoog-Galdees en Aramees,
Want almal moes tweetalig wees.
...
Hy leer; en voor hy honderd was,
Staan hy al eerste in sy klas!
Lees gerus die vers voor die kaggel! Ook van Metusalem se kinders – Mahérskalalgasbassie, Kedorlaomertjie, Tiglatpileser met sy olifant, Hammoerabie en sy harnoster en Gog-Magog wat soet sy liviatanwors sit kou.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie