No Image Caption

Ons taal

Gebeente
Watter beelde en gedagtes roep die woord “gebeente” op?

Etienne van Heerden se nuutste boek het hierdie kort titel. Die omslag van die roman beeld ’n Karoohuisie en die sterrestelsel uit.

In Van Heerden se boek is Gebeente die naam van “’n verbeelde dorp ... op die Vergete Grootpad. Hy dryf op lig en is nêrens nie.” Dis ’n Karoodorpie op die vergete grootpad wat afdraai van die En Een (N1). “Altydoopvygie woon onder die Tjank van die Oog, in ’n klein huisie teen die bult. Die Oog is die reuseteleskoop wat daar ver op die plat vlakte lê. Dit lyk nes die uitgeslagte oog van ’n dooie bees op ’n geroeste sinkplaat. Roomwit met ’n swart iris wat boontoe staar.” [11] Haar huis se naam is Opkyk. Sy werk by die Oog – die reuseteleskoop waarmee die sterrestelsel steeds verken word.

Die spanning van die roman draai om die regstelsel en die werkinge daarvan. Altydoopvygie se seun word aangekla dat hy: 1 Die Melkweg gesteel het 2 Die verkeerde Here verkondig. Die aanklagte kom van die mense van Gebeente.

Bowendien lig die HAT ons in oor die woord “gebeente”:

“gebeente” volgens HAT

ge-been’te s.nw (-s) ’n Geraamte of beengestel van (’n gestorwe) mens of dier; doodsbeendere: die versteende gebeente van ’n oerdier. Verspreide gebeente van diere wat omgekom het.

Die vraag is wat gebeente met die regstelsel te doen het?

Nooit gedink ’n mens kan ’n Karoodorp en jou roman Gebeente noem nie!

Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A