No Image Caption

Ons taal

Die ATKV woeker
Die ATKV beplan weer ʼn hele rits lekker dinge in Afrikaans: tienertoneel, skryfskool, idiomestryd en Pluimpie-aand!

Hulle nooi alle Namibiërs uit om saam te kom kuier by die ATKV Pluimpie-aand saam met die alombekende Jan de Wet en die bekroonde skrywer, Carla van der Spuy. Die sprankelaand by Arebbusch Travel Lodge met vermaak en ’n smullekker ete, alles in Afrikaans, kos N$500 per persoon, of N$5 000 per tafel vir tien.

Let wel, enige Namibiër is ook welkom om iemand te nomineer vir ʼn toekenning voor of op 10 Julie. Hierdie nominasies maak dit moontlik vir talentvolle individue en uitmuntende presteerders met goeie karakter en hoë integriteit om erkenning te kry vir die kosbare bydrae wat hulle in ons land en gemeenskap maak. Maak seker dat jou nominasie al die vereiste inligting bevat en dat dit binne die gespesifiseerde tydraamwerk ingedien word.

Op 10 Augustus 2024 sal die begaafde Carla van der Spuy ook ʼn skryfskool aanbied in Windhoek. Sy is ʼn bekroonde vryskutjoernalis vir al meer as 30 jaar.

Op 12 Augustus is daar ʼn tienertoneelkompetisie waar skole of enige tienergemeenskap hulle talent kan kom toon. Van Suid-Afrika se beste dramaturge kom tree op as beoordelaars en om handjie by te sit met die bevordering van toneel in Namibië.

Die Idiome-eindstryd vind op 28 Augustus 2024 (14:00 vir 14:30) plaas by NBC in Pettenkoferstraat, Windhoek Wes. Die publiek word uitgenooi om te kom kyk of op Hartklop FM te luister hoe die skoliere dit geniet, hoe hulle mekaar peper, en hoe gesout hulle is!

Vir enige navrae oor al hierdie opwindende bedrywighede, kontak gerus vir Leoni van Rensburg by 081 127 1193 of skryf vir haar ʼn e-pos by [email protected]

Woeker voort in ons mooie taal!

Petronella F Genis

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!