Ons taal
Opstand
Wêreldoor is opstand algemeen en welbekend.
As jy moes verduidelik wat opstand beteken, hoe sou jy dit doen? Skaar jy jouself graag aan die kant van die opstandelinge – die persoonsnaam vir mense wat in opstand kom?
Die HAT verduidelik opstand as: 1a Verset op groot skaal, algemene oproer. b Algemene verset teen iets. Opstandig: Geneig tot verset; weerspannig, oproerig. ’n Opstandeling: rebel, muiter, oproerige persoon.
As ek na woorde soos weerspannig, rebel, muiter en selfs oproerige persoon kyk, sou ek nie graag in die groep wou hoort nie.
Die ironie bly dat as mense nie in opstand kom teen onreg nie, kan dit ook nie verander nie. As mense net muit en oproerig is omdat dit eie aan hulle aard is, is dit iets anders. Opstand en verset het sekerlik ’n belangrike funksie om van die wêreld ’n beter plek te maak.
Maar ’n soort verset wat baie dikwels tot groot ongeluk lei, is ons eie innerlike opstand teen sake, ervaringe in onsself, opstand wat stilweg ons binneste en gemoed aankanker. As dit lank aanhou, vreet dit ons soos kanker van binne op.
Onskuldige voorbeelde is as ons opstandig is oor waar ons woon of wat oor ons pad kom. Aanhoudende opstand oor ons blyplek en die ellendes wat ons tref – soos droogte – maak die wêreld vir spesifiek een mens goor: vir onsself.
Sodra ons ophou skop teen wat ons nie kan verander nie, kan ons groei. Ons kan vrede terugkry – te midde van kaal kampe. Nogtans. . .
Nogtans sal ek jubel!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie