No Image Caption

Ons taal

Elke dag hou sy eie reünie in
“Jy dink nooit die laaste keer is die laaste keer nie. Jy dink daar sal nog wees. Jy dink jy het vir altyd, maar jy het nie.”

Dis ’n aanhaling wat ek onlangs gelees het en dit het my nogal bygebly, want ons besef nooit wanneer het ons iemand vir die heel laaste keer gesien of met hulle gesels nie.

Sekere gebeurtenisse dwing ons egter soms om tot hierdie besef te kom – dat laastes bestaan. Reünies, troues en begrafnisse is gebeure waar mens iemand dikwels sal hoor sê ons moet gou ’n kiekie neem, want ons weet nie wanneer, en of, ons mekaar weer gaan sien nie.

Onlangs was ek so bevoorreg om die teaterstuk Reünie te beleef en al het Frank Opperman met sy vertolking van die onderskeie karakters die gehoor laat skaterlag, het hy baie van ons tot trane ook gedryf. Dis maklik om in ’n donker teater deur die nostalgie meegevoer te raak, maar waaraan dink jy as jy daarna uitstap en weer realiteit betree?

Al word “reünie” gedefinieer as “gesellige byeenkoms van oudstudente of byeenkoms/samekoms waar mense mekaar lanklaas gesien het”, is dit soveel meer. Skool-, koshuis of familiereünies is tog nie die enigste tipes wat bestaan nie.

Soms is die weersiens van ’n vriend of familielid wat jy net een of twee keer per jaar sien, ook ’n reünie – die kuns is net om dit in gedagte te hou en die kuier so te benader.

Gaan jy ánders gesels, die oomblik méér probeer inneem as die stemmetjie in jou agterkop fluister dat dit ’n laaste kan wees?

Elzeth Harmse

Afrikaansonderwyseres

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 33° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 26° | 37° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 33° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 21° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 17° | 28° Mbabane: 16° | 18° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 23° Windhoek: 22° | 33° Cape Town: 17° | 27° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 20° | 29° #REF! #REF!