No Image Caption

Ons taal

Vooroordeel
Vooroordeel? Beteken die woord iets soos “veroordeel”?

Die “oordeel” maak die woord beslis pasmaats van veroordeel. Die HAT se verduideliking van dié woord laat my verstaan waarom die woord my pla en so belangrik is. HAT: vooroordeel s.nw. Oordeel wat nie op kennis of redenering berus nie; onredelike voorkeur of afkeer van iets; onlogiese houdings van vyandigheid teenoor ’n enkeling, groep of ras; vooropgestelde voorbarige mening. Dan gebruik die HAT die sin: Met iemand met vooroordele kan jy nie redeneer nie!

Dit is baie duidelik dat die HAT nie van mening is dat vooroordeel hoegenaamd ’n prettige of positiewe woord is nie. Die feit dat jy met iemand met vooroordele nie kan redeneer nie, maak dit veel erger. Dit wil amper lyk asof sinvolle kommunikasie en begrip vir ’n vreemde saak by iemand met vooroordele eintlik onmoontlik is. Die arme bejammerenswaardige mense met hulle vooroordele. Hulle is seker maar geskroef!

Eintlik is dit nie so eenvoudig nie. My eiereg om hulle te veroordeel, is pure vooroordeel.

Die verduideliking van die HAT dat vooroordeel nie op kennis of beredenering berus nie, maak dit onbewustelik; gesetel in ’n stuk nie-denkende brein. Dis voorwaar gevaarlik.

Die Duitse filosoof, Jürgen Habermas, bou is sy denke oor mense se verstaan van mekaar juis die voorwaarde in. Ons het nodig om ons eie vooroordele te soek en in die oë te kyk, voordat ons mekaar werklik sal verstaan.

Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!