No Image Caption

Ons taal

Hanekraai
Vandat die haan die eerste keer in Afrikaans gekraai het, was hy koning op sy eie mishoop.

Hy het hanetreë gegee wanneer hy die kort afstand afgelê het tussen die hoenderhok en die vetste oggendwurm. Soms het hy harerig met die henne geraak vir ’n vinnige vry’tjie en as daar ’n manlike jongeling op die werf was, het hy hom hanerig laat verstaan wie die ware haan onder die henne is.

As die mense die voordeur lank genoeg oopgelos het, het hy hom heerlik tuisgemaak op die hanebalk, dis daardie horisontale balk wat die dakkappe ongeveer in die middel van hul hoogte met mekaar verbind. Sou die mense dit toelaat, soos in die Oud-Saksiese boerehuise, sal sy harem hulle ook daar kom tuismaak.

Vroegerig natuurlik, want so praat ons immers vandag nog van saam met die hoenders gaan slaap. En wanneer hy douvoordag die son moet gaan roep, bly net die henneparty oor. Nou wonder ek, hoe moes hulle nie hunker na nesskrop daar op die balk nie. Ekskuus? Is dit nesskop? Ja, ja, ek weet hulle skop normaalweg die sand om ’n holte in die grond te vorm om ’n neseiertjie te lê. Nou hoekom het ek al die tyd gedrink dis -skrop? Seker omdat die huis sowaar ’n skrop sou benodig na so ’n gebalkslapery, of sommer ’n sk(r)opgraaf! Maar daarvan sal geen haan na kraai nie.

Petronella F Genis

[email protected]

Facebook: Woordspoor

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-01-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 19° | 27° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 28° Ruacana: 19° | 32° Tsumeb: 19° | 28° Otjiwarongo: 19° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 17° | 19° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 20° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 21° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 26° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 22° Maseru: 16° | 25° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 23° | 30° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 17° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 17° | 20° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 21° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!