No Image Caption

Ons taal

Bly nuuskierig
Wanneer ek ’n onbekende woord raaklees, of selfs net hoor, slaan ek gewoonlik dadelik – of so gou moontlik – die betekenis na.

Ek het onlangs Hemel en aarde en ons deur Zirk van den Berg begin lees en sommer vroeg in die roman al ’n hele paar onbekende woorde teëgekom. Dié roman is in 2024 vrygestel en daarom is dit duidelik dat die skrywer ook doelbewus kies om steeds lewe te gee aan minder bekende Afrikaanse woorde.

Hier volg ’n paar van die minder bekende woorde en hul definisies uit die HAT6:

* Indertyd: in daardie tyd, vroeër, toentertyd.

* Oorhoops: in wanorde, deurmekaar of verward.

* Rysig: lank en slank.

* Studentikoos: manier van studente; studentagtig.

* Warhoofdig: iemand wat alles verwar; iemand wat nie logies dink/handel/optree nie.

* Wroet: woel, vroetel, grawe; jou verdiep in verkeerde/onaangename dinge (figuurlik).

Miskien ken of gebruik jy reeds sommige van die bogenoemde woorde, maar indien nie, het jy ook vandag iets geleer. ’n Mens is beslis nooit te oud – of te jonk – om iets nuuts te leer nie.

Die risiko bestaan wel dat verskeie mense jou nie gaan verstaan wanneer jy woorde gebruik wat vir die gemiddelde oor “volksvreemd” klink nie, maar beskou dit eerder as ’n geleentheid om vir ander sprekers ook nuwe woorde te leer.

Wanneer dit by woordeskatuitbreiding kom, moedig ek altyd my studente aan om alle onbekende woorde wat hul op enige plek raaklees, na te slaan.

Dis belangrik om altyd nuuskierig te bly en nuwe woorde in jou moedertaal, of ’n nuwe taal wat jy aanleer, te WIL ontdek en begryp.

Nicolette Steyn

Afrikaansdosent

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!