ONS TAAL
d=Vooroordeel – hardkoppigheid?
Vooroordeel? Vooroordeel s.nw. Oordeel wat nie op kennis of redenering berus nie; onredelike voorkeur of afkeer van iets; onlogiese houdings van vyandigheid teenoor ...
Die Duitse filosoof, Jürgen Habermas, beweer dat helder en eerlike kommunikasie tussen mense opgevoeter word deur ons vooroordele. Vooroordele berus op onlogiese houdings. Ons is meestal nie eers bewus dat ons vooroordele het óf wat presies ons vooroordele is nie.
Dit het my baie laat nadink oor my eie vierspoorvassteek soos ’n erg steeks donkie. Hoeveel vooroordele het ek? Baie! Ek voel geskok. Die belangrikste is seker dat ek al hoe meer bewus sal raak van my vooroordele; dat ek nie sal terugdeins voor die spieël nie. Vooroordele moet aan die lig kom; helder belig en ingesien word. Dan vorder ek. En ek dink: Een ding wat ons Afrikaanssprekendes kenmerk, is dikwels hardkoppigheid. Vir baie is hardkoppigheid ’n pluspunt. Hulle is trouens trots op hulle hardkoppigheid. Hardkoppiges neem standpunt in en is nie draadsitters nie. Dan die vraag: Is vooroordeel ook hardkoppigheid? Die HAT sê: hardkoppig b.nw of bw. Eiesinnig, eiegeregtig, koppig, onversetlik, styfhoofdig. En blykbaar kan ’n mens vir iemand wat hardkoppig is niks leer nie.
Sou woorde soos “soepel”, “oop”, “ruim van gees” ons dalk verder help as “vooroordeel” en “hardkoppig”. Miskien hang dit af van wat vir ons belangrik is: kommunikasie en verstaan óf my standpunt, reg en ego.
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie