Ons taal
Hartskrisis
Niemand ken nie die woord “hart” nie OF almal ken die woord “hart”. Tot die kleinste weet van hartjie en hartseer.
En as iemand my sou vra: “Nou toe, wat is die danige hart dan tog?” sou ek sukkel om te sê wat hart nou werklik is. Die letterlike betekenis is heel maklik: ’n orgaan in die borskas van ’n mens of gewerwelde dier, wat deur sy voortdurende, ritmiese sametrekkings die bloedsomloop aan die gang hou, sê die HAT. Heel duidelik het die hart iets met lewe te doen.
Die HAT gee agt moontlike betekenisse van “hart” en sommer velerlei moontlike idiome of uitdrukkings in Afrikaans waarin ons die woord aantref.
Elisabeth Eybers praat sommer kwaai met die hart in haar gedig “Krisis”:
Dis hier wat ons twee skei – jy, Hart, en ek,
albei tot afskeid so onvoorbereid.
Die weg was lieflik waarlangs jy gelei ’t
maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek
die pad langs klowe, afgrond en moeras.
Voortvarend en ’n lafaard soos altyd
en nooit in staat tot enige besluit
en siek daarby, is jy nou net ’n las.
So skryf Eybers in die oktaaf van die sonnet. Eers is sy dankbaar oor die lieflike weg waarlangs die hart gelei het. Dan word die hart voortvarend en ’n lafaard, besluiteloos, siek en ’n las.
En ek kan nie anders as om te wonder watter rol speel my hart in my lewe nie. Hoekom sou Eybers die afskeid van haar hart ’n krisis noem?
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie