No Image Caption

Ons taal

Hartskrisis?
Begin November het ek gedink hoe Eybers in die oktaaf van haar gedig “Krisis” die konflik tussen die Hart en Hoof as ’n krisis beskryf. Die hart is so belangrik. Waarom is dit juis ’n krisis?

Voordat ek verder lees aan “Krisis”, moet ek sê dat dit nie vreemd is om na konflik as ’n krisis te kyk nie. Nog belangriker is die saak dat die spanning tussen Hart en Hoof bestaan.

Letterlik is die hart volgens die HAT “’n orgaan in die borskas. . . wat deur sy voortdurende, ritmiese sametrekkings die bloedsomloop aan die gang hou”. So oor die duim geneem dink ek die Hoof hou al die organe aan die gang. Watter gevolg sou konflik tussen Hart en Hoof dan tog vir die mens hê?

In die sekstet skryf Eybers verder:



Jy was die gas en die gasheer by die fees,

die seremoniemeester en die nar:

jou dwase raad kan net die Hoof verwar

waar elke tree die laaste tree mag wees.

Kyk, dit word laat, die kermis is verby,

kan jy dit nie begryp? Hier moet ons skei.



Die woorde waarmee Eybers in die slot van die gedig na die hart verwys, lyk vir my na pret en vreugde: fees, seremoniemeester en die nar, kermis. Sy vind die botsing tussen Hart en Hoof bedreigend wanneer “elke tree die laaste tree mag wees.” Vir my klink laaste tree gevaarlik. Juis dan mag die Hart nie die Hoof verwar nie.

In die slot van die vers glo sy dat sy en die hart moet skei? Ek wonder: Het hulle paaie geskei?



Dr. Nicoline Woest

Woordspoor K7

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer