Ons taal
’n Foto is ’n retoerkaartjie
Nes alles anders in die lewe, het foto’s en fotografie ook al verskeie veranderinge oor die jare heen ondergaan. Wanneer ons deesdae wit-en-swart foto’s sien, spoel ’n gevoel van nostalgie onbeheersd oor ons. Verder word ons daagliks gebombardeer met (kleurvolle) foto’s op allerhande digitale platforms. Juis omdat dit deesdae soveel makliker is om klomp foto’s te neem en met ander te deel.
Foto’s praat ’n universele taal, maar dit kan tog ook iets van ’n spesifieke taal weerspieël. Woorde word dalk op die foto vasgevang, of dalk is dit net die konteks van die foto wat jou aan ’n spesifieke taal herinner. Enkele eenvoudige voorbeelde hiervan is wanneer ons foto’s van melktert of koeksisters sien, dink ons dadelik aan Afrikaans.
Die woord “foto” se oorspronklike Griekse betekenis is: om met lig te teken. Dit is so gepas, want foto’s bring lig na ons alledaagse lewe – nie net in daardie oomblik wat iets spesiaals vasgevang word nie, maar ook daardie kere wanneer ons weer na ou foto’s gaan kyk om herinneringe in ’n mate te herleef.
’n Foto is ’n retoerkaartjie na ’n oomblik wat andersins verlore sou wees. Daarom moedig ek jou aan om genoeg foto’s hierdie jaar te neem om die spesiale oomblikke later weer te kan besoek.
Foto’s laat ons onthou en selfs verlang. Dit laat skyn weer lig op die prentjies waaruit ons menswees gevorm is.
Nicolette Steyn
Afrikaansdosent
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie