Ons taal
PVATN-kongres
Hierdie jaar dink ons in besonder daaraan dat Afrikaans 100 jaar gelede uiteindelik amptelik as taal in eie reg erken is.
Hoewel ons taal so jonk is, rol dit vol betekenis oor ’n magdom Namibiërs se lippe. Afrikaans speel ook ’n kernbelangrike rol in Namibië se skoolonderrig.
In hierdie honderdste jaar, bied die PVATN (Professionele Vereniging vir Afrikaans-taalonderrig in Namibië) weer vir Afrikaansonderwysers van regoor die land die geleentheid om hul vaardighede te slyp en inspirasie te put tydens die jaarlikse kongres. Dit vind plaas op 6 en 7 Maart by die Gateway Sentrum in Hans-Dietrich Genscherstraat. Die registrasie vir die kongres vind uitsluitlik aanlyn plaas en word deur Webtickets behartig. Die sluitingsdatum is 28 Februarie 2025.
Alle onderwysers (van graad 1 tot graad 12/AS) wat Afrikaans onderrig, is welkom om te kom leer by mekaar en by verskeie kundige sprekers van Namibië en Suid-Afrika.
Die gewilde plaaslike musiekgroep Midlife gaan kom wys hoe interpretasie met behulp van musiek gedigte kan laat lééf.
Clement Kloppers, die destydse skoolhoof van Ella du Plessis en Jan Möhr, sal ook betrokke wees met sy unieke vertellings. Daar sal ’n aanbieding wees oor hoe om tegnologie op ’n positiewe en interaktiewe manier in die klaskamer te gebruik.
Verder is lees, literatuur, mondeling, luisterbegrip en vraestelle, sowel as motivering in die taalklas ook deel van die onderwerpe wat gedek sal word.
Ons wil jaarliks verbeter en die diens wat gelewer word moet uitstekende resultate lewer wat op die Namibiese kind se rapport moet wys. Daar sal altyd teëspoed en uitdagings wees, maar met kwaliteit en harde werk is ons aan die veilige kant.
Die PVATN sien uit daarna om leerkragte van oral in die land te kry om van die kongres as ’n veerkragtige hulpmiddel gebruik te maak.
Clemens Conradij Karuaihe
PVATN-bestuurslid
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie