Ons taal
Geaardheid
“Sy geaardheid, het hom ’n minsame leier gemaak.”
So sal die kommentaar van mense wat veral na die aard of karakter kyk, oor die vader van ons nasie sê wanneer hulle aan hom hulde bring.
Die “hoedanighede en karaktertrekke waarmee ’n lewende wese gebore is” is volgens die HAT sy aard. Die HAT dui ook aan dat as ’n mens na iemand “aard” is daar ’n “ooreenkoms in karakter”. Plante wat op ’n spesifieke plek “aard”, groei goed. Elektrisiteit wat jy aard, “word met die aarde verbind”.
My dogter, Anra, stuur nou die dag vir my ’n video van ’n onderhoud met Dave Pepler. Sy stuur dit juis vir my omdat Dave so ’n besondere betekenis aan die woord geaardheid gee. Anra sal graag haar kinders wil grootmaak dat hulle wesens sal wees soos wat Dave bepleit.
Volgens Dave het ons ge-aard-heid nodig om volledig mens te wees; ons diep verbondenheid aan die aarde te besef en altyd gereed te wees om ons verantwoordelikheid teenoor die aarde na te kom, soos wat die aarde sy verantwoordelikheid teenoor ons nakom.
Sommige Amerikaanse stedelinge moet kursusse doen om hulle geaardheid terug te vind. Dan moet hulle die stadskoene en -sokkies uittrek om met kaalvoete die aarde te voel.
In die dor Namibië is dit juis ons stigtersvader se ge-aard-heid wat hom geïnspireer het om te veg vir dit wat hy baie kosbaar geag het.
Mag ons so stewig ge-aard wees, dat ons met dankbare voete in ons grond sal staan – droog of nat!
Dr. Nicoline Woest
Woordspoor K7
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie